Oscars en Baftas ook eers later toegeken
Die Oscars en Baftas is die jongste slagoffers van die wêreldwye Covid-19-pandemie.
Die Oscars, wat aanstaande jaar op 28 Februarie sou plaasvind, is tot 25 April uitgestel.
Volgens die BBC het die organiseerders ook die tydperk vir benoemings van 31 Desember vanjaar tot einde Februarie 2021 verleng.
Die Baftas, die Britse rolprentpryse wat gewoonlik net voor die Oscars toegeken word, is ook tot 11 April uitgestel.
'n Lid van die Academy of Motion Picture Arts and Sciences, wat die Oscars toeken, het aan die tydskrif Variety gesê die bykomende twee maande is 'n hulpmiddel vir rolprente wat einde vanjaar uitgereik sou word, maar dalk weens die pandemie nie in post-produksie afgehandel kon word nie. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie