Oscars gee vanjaar 2 humanitêre pryse
Die eerste keer in die byna 100 jaar van die Oscars se bestaan sal twee Jean Hersholt- humanitêre pryse oorhandig word en nie net een nie.
Daarby word die tradisie verder verbreek deur die prys ook vir die eerste keer aan ’n organisasie toe te ken.
Die Motion Picture & Television Fund (MPTF) word beloon vir sy “buitengewone groothartigheid” teenoor talle mense en gesinne in die pandemietyd en oor die afgelope nege dekades, sê David Rubin, president van die Akademie.
Erkenning word ook gegee aan Tyler Perry, ’n vervaardiger, regisseur, akteur, skrywer, entrepreneur en filantroop, wat die afgelope jaar maatskaplike geregtigheid oor ’n wye front laat geskied het. Sy bydraes het ’n groot verskil in die lewe van talle mense gemaak, sê Rubin.
Perry het ’n private rolprentateljee met 12 klankverhoë in Atlanta, Georgia, op die been gebring en bied sodoende werk aan honderde mense in rolprent- en televisieproduksies. Hy het ook ’n plan gemaak om vroeg in die pandemietyd al op ’n veilige manier aan produksies te kan werk.
Die MPTF bied emosionele en finansiële verligting aan lede van die vermaakbedryf en het in 2020 ondersteuning aan sowat 9 000 lede gegee.
Jean Hersholt, na wie die Akademie se humanitêre prys genoem is, was van 1938 tot 1956 president van die MPT-fonds.
Perry en die MPTF sal hul Oscar-beeldjies vanjaar tydens die Oscars-oorhandigingseremonie kry.
OSCAR-SEREMONIE VANJAAR
Dis nog nie ’n uitgemaakte saak watter formaat die 93ste oorhandigingseremonie van die Oscars op 25 April sal aanneem nie, maar dit is feitlik seker dit sal ’n hibriede geleentheid wees.
Volgens die Akademie sal die Dolby-teater, die tuiste van die Oscars, vanjaar nie stampvol gepak wees met rolprentsterre en -makers nie.
“Miskien sal die benoemdes wat reeds teen Covid-19 ingeënt is, in die ouditorium in Los Angeles wees. Ander sal in satellietlokale elders wees en van hulle alleen tuis of in rolprentateljees met uitsaaitegnologie,” sê Rubin.
“Aangesien talle pryse in die rolprentbedryf in aanloop tot die Oscars oorhandig word, onder meer die gewilde Golden Globes op 28 Februarie, sal ons dié geleenthede kan dophou om te sien watter formaat vir ons werk.”
Die geleentheid sal wel soos voorheen op Amerikaanse TV gebeeldsend word en ook regstreeks na sowat 225 lande.
Vanjaar se aanbieders is Jesse Collins, Stacey Sher en die vermaarde rolprentmaker Steven Soderbergh.
Collins het al talle prysuitdelingseremonies vervaardig, insluitende die Grammys. Sher is as vervaardiger vir beste rolprent benoem vir Django Unchained (2012) en Erin Brockovich (2000), en Soderbergh was die wenner van die Oscar vir beste regie vir Traffic in 2000. Hy het in drie dekades meer as 30 rolprente die lig laat sien, onder meer die Oceans-reeks, Good Night, and Good Luck (2005), Contagion (2011), Citizenfour (2014) en The Report (2019). - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie