Oshakati-abattoir: Namibiu00ebrs wil bande met Chinese sny
Oshakati-abattoir: Namibiu00ebrs wil bande met Chinese sny

Oshakati-abattoir: Namibiërs wil bande met Chinese sny

Verbreekte en leë beloftes het die verhouding tussen die twee vennote laat versuur en tot 40 werksverliese gelei.
Yandi Du Plessis
Tuyeimo Haidula op Oshakati

’n Namibiese onderneming wat ’n kontrak van 25 jaar gekry het om die Eloolo-abattoir in Oshakati te bedryf, wil sy sakevennootskap met die Chinese firma Ningbo Agriculture Investment Group beëindig, en het verbreekte beloftes en handelsgebreke as redes aangevoer.

Kiat Investment Holdings het verlede jaar ’n vennootskap met dié Chinese onderneming gesluit om die land se tweede grootste abattoir vir ‘n dekade saam te bestuur. Ná minder as ‘n jaar moes Eloolo egter weer sy deure sluit.

Toe ons susterkoerant Namibian Sun verlede week die abattoir besoek het, was daar geen beweging op die perseel nie – behalwe vir die veiligheidswagte wat waak gestaan het.

Die geskil tussen Kiat en Ningbo het intussen daartoe gelei dat die abattoir vir die tweede keer in vyf jaar moes sluit – wat meer as 40 werksverliese tot gevolg gehad en honderde veeboere sonder ‘n platform gelaat het om hul vee formeel te bemark.

Die Namibiese onderneming het reeds ander potensiële vennote genader.

“Hierdie is nie die einde van die abattoir nie, want ons is in ‘n gevorderde stadium van gesprekke met nuwe vennote,” het mnr. Sikunawa Negumbo, ‘n direkteur in Kiat, onthul.

Een van die doelwitte van die abattoir was ook om die uitvoer van beeste uit die noorde van Namibië en skaapvleis na China te vergemaklik.

ULTIMATUM

Namibian Sun het verneem die vennote het gesukkel om genoeg kapitaal te bekom om die abattoir te bedryf.

Daar is ook sprake dat die Chinese vennote sukkel om ‘n invoerpermit te kry om die Namibiese vleisprodukte in China te kry. Dít is deur Negumbo bevestig.

“Ons gee Ningbo ‘n week kennis om ‘n begrotingsraming vir die bestuur van die abattoir in te dien, en ons sal niks minder as N$60 miljoen aanvaar nie. Hulle is nie ernstig nie. Dit is duur om ‘n slagplaas te bedryf,” het hy gesê.

Negumbo het gesê die abattoir het in die moeilikheid by die Oshakati-dorpsraad beland weens onbetaalde munisipale rekeninge.

Hy het voorts gesê die maatskappy het Agribank en die Development Bank of Namibia (DBN) om hulp genader, maar kon nie daarin slaag om finansiering te bekom nie.

LEë BELOFTES

Die Chinese vennote het na bewering belowe om N$200 miljoen in die projek te belê, wat nooit gebeur het nie.

“Hulle hou aan om beloftes te maak, maar niks konkreet gebeur nie.

“Hulle het gesê hulle sal betaal en ons kan nie vir hulle wag om ‘n invoerpermit te kry nie, want dit sal natuurlik lank vat en sake moet voortgaan, anders verloor ons ook die abattoir en ons kan dít nie toelaat nie,” het Negumbo gesê.

Volgens hom het Ningbo gekla oor die vleispryse in Namibië en Afrika, omdat hulle voel dit is “te goedkoop en maak nie voorsiening vir maksimum wins nie”.

Die planbestuurder van die abattoir, mnr. Deon Visser, wou nie kommentaar lewer toe hy genader is nie.

SLAPELOSE NAGTE

Eloolo se sluiting gee Oshana se politici glo slapelose nagte.

Die goewerneur, mnr. Elia Irimari, het gesê hy sal met die vennote beraadslaag om te bepaal hoe die situasie beredder kan word.

“Ons kan nie toelaat dat die abattoir sluit nie, aangesien dit ‘n groot verligting vir boere in die noordelike kommunale gebiede was wat hul vee sedert 2016 nie formeel kon bemark nie omdat die plek gesluit was,” het hy gesê.

Hy het ook gesê die opheffing van veeboere in dié gebiede is afhanklik van boere se deelname aan die formele/hoofstroom-ekonomie.

Die sluiting van die abattoir sal “werkloosheid in die land verhoog”, het hy gesê en bygevoeg dit “bied hoop en geleenthede vir boere om ‘n bestaan van hul boerdery te maak”.

“Dit het ook die druk op streekkantore verminder, omdat mense besig was om selfonderhoudend te word,” het Irimari benadruk.

’n Vergadering met die Chinese en Namibiese vennote is vir Donderdag geskeduleer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!