Oshakati-hospitaal vervalle, onderbeman
Oshakati-hospitaal vervalle, onderbeman

Oshakati-hospitaal vervalle, onderbeman

Die staatshospitaal op Oshakati bedien meer as ‘n miljoen pasiënte per jaar.
Ileni Nandjato
Ileni Nandjato – Die Oshakati-staatshospitaal met sy 750 beddens het nie ‘n pediater, neonatale dokter, neurochirurg, dieetkundige, kliniese sielkundige of ander spesialiste nie.

Die hospitaal bedien jaarliks byna ‘n miljoen pasiënte.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Kalumbi Shangula, het ‘n beroep op die private sektor gedoen om die krisis by die hospitaal te help oplos.

Verskeie diagnostiese masjiene is buite werking en burokrasie veroorsaak vertragings in die vervanging en herstel daarvan.

Shangula was aan die woord tydens First National Bank se oorhandiging van mediese toerusting en die ingebruikneming van ‘n fluoroskopiemasjien by die verwysingshospitaal.

Die hospitaal se mediese superintendent, dr. Korbinian Vizcaya Amutenya, sê die hospitaal, wat meer as ‘n miljoen mense in al die noordelike streke en ook suidelike Angola bedien, verkeer in ‘n kritieke toestand.

Die hospitaal se CT-skandeerder, fluoroskopie-, mammogram-, magnetiese resonansie-angiogram (MRA)- en digitale X-straalmasjiene is almal volgens Amutenya ‘n geruime tyd reeds buite werking.

In die lig hiervan moet die hospitaal pasiënte noodgedwonge Windhoek toe stuur en dringende gevalle vir X-strale na duur private hospitale.

Ook is die moraal onder personeel, wat oorlaai is, laag.

“Die fluoroskopiemasjien is nou van die lys af, maar die mammogram-masjien is nog nie hier nie, so ook nie die MRA-masjien nie. Die CT-skandeerder is stukkend en die vervaardiger kom weens uitstaande betalings nie om dit te herstel nie,” het Amutenya gesê.

“As hierdie items nie hier is nie het dit ernstige finansiële implikasies vir die ministerie omdat ons die dienste op ‘n ander plek moet kry, en dit is duur.”

Volgens Shangula het die regering meer as N$5 miljoen bestee aan die herstel van die fluoroskopiemasjien, wat in 2011 gebreek het. Hy het gesê ander toerusting sal ook vervang word.

“Die Namibiese regering is toegewy aan die verskaffing van gehalte-gesondheidsorg aan Namibiërs. Dit is waarom geld beskikbaar gemaak is om die fluoroskopiemasjien te herstel. Die regering sal sy bes doen om te verseker ander mediese toerusting soos wat die superintendent uitgelig het, is beskikbaar sodat die hospitaal die dienste uiteindelik kan bied,” het Shangula gesê.

Hy het gesê dit kan nie deur die ministerie alleen gedoen word nie, maar dat elkeen, insluitend die sakewêreld, moet bydra.

Volgens Amutenya breek die masjiene omdat die hospitaal ‘n verwysingshospitaal vir al die distrikshospitale in die Oshana-, Ohangwena-, Omusati-, Oshikoto-, Kavango- en Kunenestreek is.

Angolese gesondheidsdienste verwys ook pasiënte na dié hospitaal, wat gesondheidsdienste aan meer as 950 000 mense lewer.

“Al hierdie mense kom na ons toe, maar die toerusting wat ons het, voldoen nie in die aanvraag nie. Die CT-skandeerder is ontwerp om net sowat 200 000 uitvalle te doen voor die buis vervang moet word. Weens die aanvraag het ons masjien gebreek. Dit moes meer as 500 000 uitvalle doen,” sê Amutenya.

“Ons is veronderstel om ten minste twee of drie skandeerders te hê sodat dinge glad verloop. Omdat ons hulpbronne so beperk is, moet ons werk met dit wat ons kan bekostig.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!