Otavi spog eersdaags met nuwe vulstasie
‘n Staatsonderneming se vulstasies is binnekort in werking.
Augetto Graig - Bouwerk aan die nuwe Namcor-vulstasie by die B1-kruising op die Otjiwarongo-Grootfontein-pad net buite Otavi vorder vlot.
Volgens Namibië se nasionale petroleumkorporasie se woordvoerder, mnr. Utaara Hoveka, is Brumar Construction-werkers sedert 16 Januarie 2019 besig met die N$23 miljoen-projek.
Op die perseel sal aparte brandstofpompe vir sedanvoertuie en trokke wees, asook 'n geriefswinkel, sê Hoveka. Dienslewering sal deur middel van vennootskappe met plaaslike handelaars verskaf word, sê hy.
Namcor het reeds die bouwerk by sy vulstasie by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako voltooi en voertuigbestuurders sal binnekort daar kan volmaak. Daar is ook parkeergeriewe by die nuwe vulstasie, sê Hoveka. Die vulstasie op Ongwediva se bouwerk is ook voltooi.
Verder beplan Namcor om nog 8 vulstasies in die Otjozondjupa, Khomas and Karas streke en in sentrale Namibië te bou, sê hy.
Namcor het sy kleinhandelstrategie om vulstasies landswyd op te rig in 2017 aangekondig met die voorstelling van sy veranderde handelsmerk. Die onderneming wou toe vyf vulstasies binne 12 maande oprig. Die mikpunt is om van Namcor 'n volwaardige brandstofmaatskappy te maak, met toegang tot stoorfasiliteite op Walvisbaai en nuwe depots in verskeie dorpe soos Gobabis, Ondangwa en Windhoek.
Daardeur wil Namcor die mandaat bekom om tot die helfte van die land se nodige brandstof in te voer.
Namcor het weens 'n kabinetsbesluit gebaseer op groot verliese van die onderneming die mandaat in Oktober 2010 verloor.
Volgens Hoveka was vertraging in die voltooiing van die verskeie vulstasiepersele veroorsaak deur die ontwerp- en goedkeuringproses.
“Die proses sluit onder meer die ontwerpe van die terreine, omgewingsvrystellingsertifikate en die goedkeuring van die ontwerpe deur plaaslike owerhede,” het hy gesê.
Die Otavi-vulstasie sal na verwagting teen middel Oktober voltooi wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie