Otji-5 se verhoor uitgestel

Otjiwarongo is steeds in skok gehul ná die nuus van die gewelddadige aanval op 'n Zimbabwiër wyd op sosiale media versprei is.
Augetto Graig
Ernesto Louw, Otjiwarongo-inwoner; “Vir ons wie hier woon is dit iets anders.”

Augetto Graig - Die eerste hofverskyning van die vyf jong mans wat van die moord op mnr. Hlaisanani Zhou verlede Woensdag op Otjiwarongo verdink word, het gisteroggend voor landdros Karrel Muyeghu op dié dorp plaasgevind. Die dorp is nog in skok ná nuus van die gewelddadige aanval veral oor die naweek op sosiale en ander media soos ’n veldbrand versprei het.

Zhou was 'n smous uit Zimbabwe en 'n bekende langs die strate van Otjiwarongo. Van sy medesmouse sê hy het onlangs twee maande in Windhoek deurgebring om ’n operasie te ondergaan. Die aanranding volg na die beweerde beskuldiging van diefstal teen Zhou. Hy is na die voorval in die hospitaal op die dorp oorlede.

Beskuldigdes 1 en 2, mnre. Jandré Jansen van Vuuren (23) en Jonathan Patrick Myburgh (22), het aangedui hulle verkies private regsverteenwoordiging, terwyl beskuldigdes 3, 4 en 5, mnre. Roberto Katjinamunene (29) , Kefas Kuutondokwa (26) en Hendrick Simupureni (20), deur die staat van regsverteenwoordigers voorsien sal word.

Katjinamunene, wie as toegangsbeampte by die ingang van die betrokke perseel gewerk het, wou nog uitbrei oor hoe hy net opdragte uitgevoer het, maar landdros Muyeghu het gesê besonderhede van die saak sal nie tans oorweeg word nie.

Die staatsaanklaer, me. Elana Doeses, sê borgtog is nie toegestaan nie vanweë die openbare belang, die erns van die oortreding en die administrasie van geregtigheid.

Die verhoor is tot 17 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel.

Intussen is inwoners van die dorp bekommerd oor die geweld en die optrede van private sekuriteitswagte in die voorval.

“Ek hoor hulle het hom gevang toe hy cellotape gesteel het, maar hulle kan hom nie net so aanrand nie. Neem hom net tronk toe, liewer as om hom aan te val. Dit is baie vreemd. Mense kan nie so ’n man net aanrand nie. Vang hom en sluit hom toe,” sê mnr. Emmanuel Obukai wie voertuie in die straat voor die betrokke winkelsentrum op pas.

Mnr. Kevin Katuuo, ’n inwoner wat inkopies gedoen het, sê: “Ek dink dit is sleg dat iemand so geslaan word vir diefstal. Hulle moes die polisie geroep het. Sekuriteitswagte neem die wet in eie hande en dink hulle is die polisie. Dit is nie reg nie”. Sy metgesel, me. Bevelly Dantu sê: “Hulle kon hom polisiekantoor toe geneem het, maar hulle slaan hom liewer soos ’n hond. Selfs ’n hond mag ’n mens nie so slaan nie, en dit was ’n bende; vyf mans! Hy het geen kans gestaan nie. Dit is slegte behandeling van ’n mens. Ander sekuriteitsmaatskappye moet ook hoor. Is die wagte ooit opgelei?” sê sy. Nog ’n Otjiwarongo-inwoner, mnr. Ernesto Louw sê “die dood is nie ’n goeie ding nie. Vir ons wat hier woon is dit iets anders. Hy was ’n buitelander en ons mense gaan ook buite die grense. As hy dan steel, kla die man aan. Jy is nie die polisie nie. Dit is nie reg nie,” sê hy.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!