Otji-dok vir derduisende gedagvaar
Naas die strafregtelike klagte waarop die omstrede dr. Yeukai Chiradza van Otjiwarongo teregstaan, staar hy ook ‘n siviele eis in die gesig.
Denver Kisting
Mnr. Konrad Louw (64), wie se vrou, seun en skoonsuster, gesterf het toe die motor van dr. Yeukai Chiradza teen hulle s'n gebots het, het 'n skadevergoedingseis van N$600 000 teen hom ingestel.
Louw het gistermiddag aan Republikein gesê ál wat hom nog aan die lewe hou, is sy enigste oorlewende kind, Norelle, en haar drie kinders.
Sy seun en naamgenoot, Konrad, het saam met sy vrou, Welmine, en haar suster, me. Alet Junius, in 2015 gesterf ná Chiradza glo reg van voor met sy gehuurde voertuig teen 'n hoë spoed teen hulle vasgery het.
Alet se dogter, Sonja, en haar en Welmine se nefie, mnr. Johan Junius, en Chiradza was die enigste oorlewendes van dié gru-ongeluk tussen Usakos en Karibib.
Video maak opslae
Op dieselfde dag wat Chiradza voorverlede week op drie klagte van strafbare manslag in die Karibib-landdroshof moes verskyn, het 'n video die ronde gedoen waarin hy glo met 'n Duitse spogmotor ander padgebruikers tussen Okahandja en Otjiwarongo op hol jaag weens roekelose en nalatige bestuur.
Louw sê hy is geweldig eensaam en alleen ná sy vrou se dood. Die egpaar se lewens was só vervleg dat hulle ook 'n bankrekening gedeel het, sê hy.
“Ons het ons geldsake saam hanteer. My vrou het my mos ondersteun. Ons het saam gewerk vir hierdie huis en vir ons kinders.”
Die onlangse video het sy wonde opnuut oopgekrap, sê Louw.
“Jy sien mos nou duidelik hoe't hy my mense vermoor. Ek noem dit vermoor.”
Louw sê Chiradza se verweer dat 'n gebarste band daartoe gelei het dat hy beheer oor die motor verloor het, is 'n leuen.
“Ek was self op die toneel.”
Hy sê hy was ook in gesprek met die handelaar van die gehuurde voertuig en behou sy reg voor om 'n eis teen hulle in te stel.
Chiradza naweek agter tralies
Louw sê hy sou vanoggend voordag Karibib toe ry waar Chiradza na verwagting voor die hof gedaag sal word.
Die dokter het homself Vrydagoggend in die teenwoordigheid van sy prokureur, mnr. Sarel Maritz, by die polisie in Windhoek gaan oorhandig, het hoofinspekteur Kauna Shikwambi, 'n polisiewoordvoerder, bevestig.
Aangesien geen staatsaanklaer Vrydag beskikbaar was nie, moes Chiradza die afgelope naweek in aanhouding deurbring.
Maritz het by navraag gesê: “Hy is in hegtenis oorgeplaas en moet môre (vandag) op Karibib verskyn.”
Volgens Shikwambi word klagte van roekelose en nalatige bestuur teen Chiradza ondersoek in verband met die video.
Johan en Sonja het verlede week hul harte oor hul woede teenoor Chiradza oopgemaak.
Johan het gesê hy het lank ná hulle ongeluk die tragedie in nagmerries herleef terwyl Sonja weens haar beserings niks van die ongeluk kan onthou nie.
“Ek is bly ek kan niks onthou nie. Ek wíl niks onthou nie,” het sy gesê.
Mnr. Sisa Namandje behartig namens Louw die siviele eis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie