Otji-dokter in pekel oor 'middelmisbruik'
'n Dokter van die staatshospitaal op Otjiwarongo is met gedwonge verlof gestuur nadat 'n selfoonvideo waarin hy onverskillig op die B1-hoofweg tussen Otjiwarongo en Okanhandja bestuur het, soos 'n veldbrand versprei het.
Me. Frieda Stefanus, die waarnemende gesondheidsdirekteur van die Otjozondjupastreek, het bevestig dat dr. Yevai Chiradza vir 'n onbepaalde tyd met verlof gestuur is.
Die video toon hoe 'n luukse motor Donderdag gevaarlik heen en weer oor die pad ry, dikwels in die verkeerde baan is terwyl aankomende verkeer swaarvoertuie insluit en in 'n stadium selfs die pad verlaat.
Chiradza kon nie vir dronkbestuur in hegtenis geneem word nie, aangesien die polisie se toetse nie 'n sweempie alkohol getoon het nie.
Luidens die brief waarin Chiradza met gedwonge verlof gestuur is, is dit nie die eerste keer dat hy daarvan beskuldig word dat hy “middels misbruik” nie.
Chiradza mag tydens sy verlof nie enige gesondheidsfasiliteit óf die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste betree nie. Hy mag ook nie na pasiënte omsien of enige verwante mediese dienste lewer nie.
Insp. Joseph Severus, Otjozondjupa se verkeershoof, het gesê die polisie is besig om verklarings van ooggetuies te neem sodat 'n klag teen die dokter opgestel kan word.– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie