Otji se Doppers stel resepteboek saam
Ronelle Rademeyer - Mense van Otjiwarongo en elders kan binnekort saam met die Doppers op dié dorp “pik, proe en sluk” aan heerlike disse uit hul pas saamgestelde resepteboek.
Lidmate van die Gereformeerde Kerk se gemeente op Otjiwarongo het sowat 170 beproefde resepte uit die gemeenskap vir dié resepteboek voorgelê, vertel ds. Jan van der Walt, leraar van hierdie gemeente.
“Selfs van die kinders in die gemeente het resepte ingestuur. By elke resep word hoe aangedui of dit maklik is om te maak en hoe bekostigbaar dit is,” vertel hy.
Die bekendstelling van die resepteboek genaam Pik en Proe vind op 14 Junie plaas wanneer die gemeente sy “pik, proe en sluk”-aand in die NG kerk se saal in die hoofstraat aanbied.
“Mense sal van sowat 40 verskillende disse uit die boek kan proe en van die gebak en lekkernye sal ook te koop aangebied word. Verder sal Namibiese wyn en boetiekbier beskikbaar wees saam met etes soos kerrie en rys en die sappige sosaties waarvoor ons gemeente so bekend is,” vertel hy.
Verder sal die bekende kaasmaker van Omaruru, Tinkie Cornelissen, se kase te koop wees, asook biltong uit die gemeenskap.
Van der Walt sê die 750 resepteboeke is op Potchefstroom gedruk.
Hy vra as daar Namibiërs is wat in die volgende paar dae daarvandaan reis en bereid is om dit saam te bring, om hom asseblief te kontak. Sy nommer is 081 124 1486.
Intussen kan mense bestellings vir die boek by Tilla Steenkamp plaas. Dit kos N$150 en haar nommer is 081 331 9570.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie