Otji wil 2017 se wendorp wees
Namibiërs het Otjiwarongo opnuut as die finalis uit die sentrale dele van die land vir volgende jaar se Dorp van die Jaar-kompetisie (NTY2017) aangewys.
Tydens aktiverings op dorpe verlede week het Otjiwarongo se munisipaliteit gesê hulle gaan alles gee om volgende jaar die landwye wenner te wees.
Otjiwarongo het 20,3% van stemme getrek, gevolg deur Tsumeb (14,6%), Grootfontein (14,1%) en Outjo (13,4%).
Die dorp sal teen Ondangwa en Lüderitz deelneem. Die Erongostreek se finalis word later vanjaar gekies.
Namibia Media Holdings bedank almal wat gestem het, asook al die deelnemende dorpe en ons vennote vir NTY2017: Nedbank Namibia, Coca-Cola, die Africa Leadership Insitute (ALI), Pupkewitz Nissan, Vivo Energy/Shell, Kanaal 7, Waltons en Mondi Rotatrim.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie