Otjihavera bied 'n toets vir spanwerk
Bergfietsry
Vanjaar se weergawe van die FNB Otjihavera bergfietsmarathon sal op 19 en 20 Augustus plaasvind.
Die geleentheid is verlede week in Windhoek bekendgestel, waar organiseerders selfs 'n groter en beter byeenkoms as tevore vir fietsrygeesdriftiges beloof het.
Die marathon word jaarliks by Midgard, sowat 100 kilometer noordoos van Windhoek gehou.
Albei dae se skofte van plaaspaaie en enkelspoorpaadjies sal daar begin en eindig.
By die bekendstelling het mnr. Ekkehard Friedrich, voorsitter van die organiserende klub Rock & Rut, gesê die Otjihavera is bekend as die moeilikste tweedag-resies in Namibië en is 'n goeie oorgang vir diegene wat na deelname in ander, groter skofresiese streef.
rEGISTRASIE IS OOP
Registrasie het Maandag geopen en sluit op 30 Julie. Die registrasie beloop N$1 900 per span en word aanlyn by https://register.chronotrack.com/r/29928 gedoen.
“Voorsiening word net vir 150 spanne gemaak. Vanjaar se byeenkoms word beperk tot spanne alleen, om te bou op die pret van spanwerk en kameraderie oor twee dae,” het Friedrich gesê.
Volgens die reëls mag 'n span se ryers nooit meer as twee minute uitmekaar wees nie.
Verlede jaar het 112 spanne ingeskryf, maar vanjaar word vir meer ouderdomsklasse voorsiening gemaak. Die jongste deelnemers wat toegelaat word, is diegene wat vanjaar 16 jaar oud word.
Madri van Wyk, bemarkingsbestuurder by First National Bank Namibia, het uitgewys dat geringe veranderinge aangebring is om die ryers se ervaring vlotter te laat loop.
“By die resiesdorpie sal 'n kinderarea, masseerdienste en 'n 'Windhoek Light chill zone' beskikbaar wees,” het sy gesê.
Land Rover sal betrokke wees om voertuie en mediese bystand beskikbaar te maak op die roete wat net met 4x4 voertuie of bergfietse toeganklik is.
Verlede jaar se elite mans wenspan was Piet Swiegers en Herbert Peters van Team Klein Aus Vista, gevolg deur Danzel de Koe en wyle Raul Costa Seibeb van die Nedbank-span.
Die elite vroueresies is deur Genevieve Weber en Elanor Grassow (Cycletec Chicks) gewen, met Rosi Hennes en Zoe Mitchell (FX Ladies) in die tweede plek. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie