Otjimbingwe veg vir plaas Okongava
Kleinboere het uitsettingsbevele ontvang ondanks 'n vroeëre ooreenkoms dat die plaas by die kommunale gebied ingesluit gaan word.
Catherine Sasman - Die Tsoaxudaman tradisionele owerheid het nog nie sy stryd om die plaas Okongava nr. 72 in die Erongostreek laat vaar nie.
Dié plaas is na bewering aan die private maatskappy !Huni-/Urib Investments toegeken wat beplan om litium op die grond te myn.
Dit is nie duidelik presies wanneer die ministerie van grondhervorming die plaas aan !Huni-/Urib Investments toegeken het nie, want daar was geen openbare kennisgewings sedert die plaas vir hervestigingsdoeleindes in Januarie 2016 geadverteer is nie.
Die ministerie van grondhervorming beantwoord ook nie vrae hieroor nie.
Altesaam 28 gesinne wat die tradisionele owerheid sedert 2015 op die plaas gevestig het, het in Maart uitsettingsbevele van die prokureur-generaal se kantoor gekry.
Dié uitsettingsbevele het nie 'n regeringstempel op nie, maar die boere word daarvan beskuldig dat hulle die plaas onwettig beset. Hulle is 30 dae gegee om die grond te verlaat.
AGTERGROND
Die regering het vroeg in 2014 die plaas Okongava by die voormalige Windhoekse burgemeester, dr. Björn von Finkenstein, gekoop.
In Januarie 2014 het die goewerneur van die Erongostreek, mnr. Cleophas Mutjavikua, aan die voormalige minister van grondhervorming, mnr. Alpheus !Naruseb, geskryf om te versoek dat die plaas Otjiuua Nr. 37 by die Otjimbingwe- kommunale gebied, die kleinste kommunale gebied in die land, ingesluit word.
In April 2014 het !Naruseb geskryf dat Otjiuua vir moontlike toekenning aan voornemende aansoekers vir hervestiging geadverteer is.
Hy het toe Okongava, van 15 160 hektaar, as alternatief vir die “uitbreiding van die Otjimbingwe-gebied” aangebied.
In Augustus 2015 het die nuwe minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, die versekering gegee dat die plaas vir die uitbreiding van die Otjimbingwe- kommunale gebied toegeken gaan word.
Toe het hy 'n brief, gedateer 10 Augustus 2015, aan Mutjavikua geskryf waarin hy gesê het die ministerie was “in die finale fases om die versoek te prosesseer” sodat die plaas by Otjimbingwe ingesluit kan word.
“Daar word beoog dat hierdie plaas, sodra dit afgehandel is, die gemeenskap van Otjimbingwe sal bevoordeel deur die weidingsdruk en algemene ontvolking van die genoemde kommunale gebied te verlig. Dit is ook die denke van die ministerie dat hierdie plaas aan suksesvolle boere en dié met 'n groot aantal vee uit die Otjimbingwe-gebied toegeken word om die uitdagings van weiding en dravermoë te takel,” het Nujoma geskryf.
In dieselfde brief het Nujoma geskryf dat die plaas nie geadverteer gaan word wanneer die prosesse gefinaliseer is nie.
Met hierdie onderneming het die Tsoaxudaman tradisionele owerheid sedert Augustus 2015 begin om kleinskaalse boere op die 900 hektaar-deel te vestig.
Dié owerheid het dus met skok en verontwaardiging gereageer toe die ministerie van grondhervorming Okongava vir hervestiging vir grootskaalse en kleinskaalse veedoeleindes in Januarie 2016 geadverteer het.
PLEITE
Die Tsoaxudaman tradisionele owerheid het toe verskeie briewe aan Nujoma, eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila en Mutjavikua geskryf. Hulle het die kwessie ook onder die aandag van pres. Hage Geingob en die minister van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, biskop Zephania Kameeta, gebring.
Die Tsoaxudaman tradisionele owerheid het formeel versoek dat die plaas by die Otjimbingwe- kommunale gebied ingesluit word en het by Nujoma gepleit om die advertensie terug te trek.
In Januarie 2016 het Mutjavikua ook 'n brief aan Geingob geskryf waarin hy gesê het die “streeksleierskap ervaar 'n ernstige gebrek aan samewerking met die ministerie van grondhervorming om 'n vriendskaplike oplossing vir grondsake, die kwessie van Okongava ingesluit, te vind”.
Mutjavikua het bygevoeg dat die “gesamentlike ooreenkoms wat met !Naruseb bereik is, totaal deur die ministerie verontagsaam is”.
U-DRAAIE
Die senior tradisionele raadslid van Tsoaxudaman het gesê Mutjavikua se houding het sedertdien dramaties verander.
“Ons het van die begin af 'n baie goeie verhouding met Mutjavikua gehad,” het dié lid, mnr. Jonathan Neumbo, gesê.
“Ons het baie goed met die goewerneur oor die weg gekom tot dinge begin gebeur het.”
Mutjavikua het sedertien in die openbaar gesê die Tsoaxudaman-hoofde het “mense van die straat af” op Okongava gevestig.
!HUNI-/URIS INVESTMENTS
“Die plaas behoort aan die regering,” het een van die aandeelhouers en direkteure van !Huni-/Urib Investments, mnr. Thomas Mushimba, gesê.
Mushimba, 'n neef van Nujoma, het ontken dat !Huni-/Urib Investments die hele 15 000 hektaar van Okongava beset. Hy sê hulle beset tans net 'n “klein gebied” wat deel van die “ou plaas” was waar 'n voormalige mynonderneming, Rubicon-myn, geleë was.
“Die plaas is aan niemand toegeken nie. Almal daar was onwettig. Voor ons ingekom het, was daar 'n dispuut. Dit het niks met ons te doen nie,” het Mushimba gesê.
Mushimba het egter gesê !Huni-/Urib Investments “onderhandel” met die regering om 'n oplossing vir die kleinboere wat verwyder is, te vind.
Een moontlike oplossing wat hy voorstel, is dat die maatskappy 'n alternatiewe plaas koop en dit aan die regering oorhandig vir moontlike besetting deur dié boere.
Volgens Mushimba behoort !Huni-/Urib, wat “goud” in Damara beteken, aan 'n konsortium. Volgens die maatskappy se rekords by die registrateur van maatskappye, is Mushimba en die Swakopmundse sakeman, mnr. Mark Erwin Welthagen, gelyke aandeelhouers in !Huni-/Urib Investments. Die ander direkteur is die Suid-Afrikaanse burger, mnr. Gert Nell.
Ander direkteure wat in Februarie bedank het, is mnre. Ivo Alberto Fernandes de Gouveira en Uwe Heinz Bachmann.
Mushimba en Nell is direkteure van Desert Lion Energy Inc., wat deur !Huni-/Urib Investments besit word en die “Rubikon-litiumprojek” in Namibië bedryf.
Volgens 'n maatskappybrosjure van Desert Lion Energy vorm Mushimba deel van die Namibiese bestuurspan en “help hy met die logistiek en bestuur van maatskaplike en regeringsverhoudinge”.
Nell het 18 jaar se ervaring in die mynbedryf met 'n “bewese rekord van metallurgiese verwerking, innovering en projeklewering in Namibië en dwarsoor die wêreld”.
Op dieselfde brosjure onder die titel “Steun van die Namibiese regering” is Mushimba en mnr. Tim Johnston (president en uitvoerende hoof van Desert Lion Energy) saam op 'n foto met stigterpresident Sam Nujoma tydens 'n besoek aan hom in Februarie.
Wat van die kleinboere gaan word, is steeds nie duidelik nie.
Hulle het egter belowe om die saak nie daar te laat nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie