Otjivero-klub sluit jaar op hoë noot af
Uithouritte
Otjivero Uithouritklub het die afgelope naweek sy laaste rit vir die jaar gehou. Dit was weer ''n tweedagrit met 80 km as die verste afstand.
Op die eerste dag was die volgende ruiters eerste in die 80 km: George Wessels op Kalharabi Frani (swaargerig), Melisa Boehme op Jozami Magnus (standaardgewig), Jan Hendrik op Barmiliek Bray (geengewig) en Jonel Coetzee op El Shakir Nakir (junior). Sone Meeser op Warlord SW (kinderruiter) het ook die 80 km suksesvol voltooi.
Die 60 km wenners was: Hannelie Coetzee op JHC Hunyani (standaardgewig) en Andrew Kainamseb op Duneside Mission (geengewig). Corelie Coetzee op EKS Shakir (kinderruiter) het die 60 km suksesvol voltooi.
Die 40 km wenners was Drian Dames Op DMD Zinat (swaargewig), Frans van Wyk op Que Pasa Laredo (standaardgewig) en Henry van Wyk DMD Ghalib (geengewig).
Dag 2 se wenners oor die 80 km was Leon van Zyl op Saghira (swaargewig), Adri Erwee op Edl Agbahr Ararat (standaardgewig) en Charlotte Pirner op Bella (geengewig). Die 40 km wenners was Bart Steyl op Saida Prins (swaargewig), Hofmeyr van Blerk op Ir Agba Aidiaz (standaardgewig), Frans Namseb op Pasha (geengewig) en Jonel Coetzee op Johaco Messai (junior). Eljani Swart op Aracos Grizzly (kinderruiter) het ook die 40 km voltooi.
Die 30 km wenners was Seun Doiseb op El Aka (standaardgewig) en Aggies Mohale op Duneside Shaheer Bay Angel (geengewig).
Jonel Coetzee het ook in September aan ''n internasionale rit in Suid Afrika gaan deelneem waar sy ''n algehele tweede plek in die 120 km behaal het en Surina de Wit het aan dieselfde rit deelgeneem en ''n algehele derde plek op die 160 km behaal.
Jonel was ook lid van ''n Namibiese skolespan wat by Waterberg in Suid-Afrika gaan kompeteer het. Sy het die rit suksesvol voltooi.
• Terselfdertyd as sy laaste rit van 2016 het die Otjivero-klub ook sy algemene jaarvergadering gehou. ''n Nuwe komitee is vir 2017 aangewys. Pierre de Wit sal as die nuwe voorsitter optree en word deur Hannelie Coetzee (ondervoorsitter), Heidi Pienaar (sekretaresse) en Lientjie de Wit (tesourier) bygestaan. Die ander bykomende lede is WP Michau, Raymond Schierschmidt en Surina de Wit. Pieter en Lizel van Zyl is ook weer as tydhouers verkies.
Die nuwe komitee word sterkte vir die komende jaar toegewens.
• Die klub se jaarlikse trofeewenners is ook aangewys. Hulle is: Ranglys wenners: Soné Meeser (kinderruiter), Jonel Coetzee (junior ruiter), Hans Hoka (geengewig), Hannelie Coetzee (standaardgewig) en George Wessels (swaargewig).
Die ruiters van die jaar is: Soné Meeser (kinderruiter), Suné Wessels en Engela Louwrens (junior ruiters), Elsabe van Staden (geengewig), Surina de Wit (standaardgewig) asook Raymond Shierschmidt en Pierre de Wit (swaargewig).
Surina de Wit met haar perd El Shakir Nigero is aangewys as die ruiter-en-perd kombinasie met die meeste kilometers vanjaar, naamlik 464.5 km.
Die jaar is met ''n heerlike dans en fondsinsamelingsveiling afgesluit. Groot dank word uitgespreek aan die borge wat items vir die veiling geskenk het: Gobabis Toyota, Sandune Lodge, Bargain Building, Agra, Kaap Agri, B&S Meat, Angelique van Helsdingen, Louis Peters, Pierre de Wit en Voermeester.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie