Otjiwarongo, jagluiperdmekka van die wêreld
Die plek waar die blink beeste wei. Dít is wat Otjiwarongo in Otjiherero beteken.
En blink beeste is daar baie van. In goeie reënjare sien julle hulle tussen die wuiwende gras wei op pad na hierdie juweel van ’n dorp langs die B1-roete in die sentrale deel van die land.
Kom Saterdag, sal die mense van Otjiwarongo weet of hulle hartsplek die drie ander streekwenners in die Dorp van die Jaar-kompetisie kon uitstof as Namibia Media Holdings (NMH) se heel eerste topdorp in die land. Die aankondiging word by die Namibië Toerisme Ekspo (NTE)gemaak waarheen duisende besoekers hierdie week gaan stroom.
Die mededingers saam met Otjiwarongo is Lüderitz (Suide), Ongwediwa (Noorde) en Swakopmund (Weste).
Sê me. Adelheid Shilongo, woordvoerder van die Otjiwarongo munisipaliteit: “Ons is ekstaties oor wat voorlê. Onthou, ons dorp is die jagluiperd-hoofstad van die wêreld. Kom Otjozondjupa, stem vir ons!”
Hoewel die dorp se ekonomie aanvanklik landbougedrewe was, het dit sedert die vestiging van die B2Gold Namibia-goudmyn nuwe groei en vooruitgang beleef. Verder is die Whale Rock-sementvervaardigingsaanleg tans buite die dorp in aanbou en die verwagting is dat dit die ekonomie verder gaan stimuleer.
Otjiwarongo en omgewing lok ook jaarliks groot getalle toeriste na plekke soos die Waterberg Platopark, die talle jag- en gasteplase asook die jagluiperdbewaringsprojekte van die AfriCat Foundation en die Cheetah Conservation Fund.
Die munisipaliteit het ’n ooreenkoms met diensverskaffers gesluit vir die diens van nagenoeg 1 000 nuwe erwe om in die behuisingsnood te voorsien en verskaf laekostehuise en sanitasie in samewerking met die Clay House Project.
Met talle gastehuise, twee inkoopsentrums en banke, voorsien die dorp in die behoeftes van sy inwoners én besoekers van elders.
NMH gee by die NTE ’n inligtingsgids oor elk van die finalisdorp uit. Verder kry die dorp wat wen bemarking ter waarde van N$200 000.
Om te stem, skryf “REP” in jou SMS, gevolg deur die naam van die dorp waarvoor jy stem en stuur jou SMS na 51500. Net een stem word per selfoonnommer toegelaat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie