Otjiwarongo rou oor wyle Hendri
’n Welbekende sakeman van ’n Noorde-dorp wat diep spore in die gemeenskap getrap het, het op 21 Julie sy stryd teen Covid-19 verloor.
Tanja Bause – Die gemeenskap van Otjiwarongo is in rou gedompel ná die dood van mnr. Hendri Greeff (53) op 21 Julie in Windhoek aan Covid-19.
Hy was ’n welbekende sakeman wat die gemeenskap ondersteun het.
Hy word oorleef deur sy vrou, Ronelle en sy twee kinders, Rohandri (6) en Hendro (5).
“Hy was ’n merkwaardige mens, ’n juweel van ’n man met ’n hart van goud waarin daar altyd plek was vir nog iemand,” het Ronelle gesê.
Greeff was voordat hy Otjiwarongo toe getrek het die bestuurder van die Oshandira Lodge op Oshakati. In 2004 het hy die bestuur van Wanderers-sportklub in Windhoek oorgeneem.
“Hy het alles in sy vermoë gedoen om die klub op te hef. Hy het die Biltongfees begin en ons was deel van drie Miljoendollar-trekkings. Hy het ook musiekfeeste met kunstenaars soos PJ Powers en Johny Clegg gereël.”
In 2007 het hy en sy vrou Otjiwarongo toe getrek en hy het die C’est Si Bon Hotel met 21 kamers gekoop.
“Hy het dit opgebou en vandag het die hotel 56 kamers. Hendri het ook by die ouetehuis betrokke geraak en geldinsamelingsfunksies vir hulle gereël. Met die eerste veiling wat hy ten gunste van die ouetehuis gereël het, het hy N$12 000 ingesamel. In 2015 het hy met ’n veiling N$200 000 ingesamel. Hy het ’n baie sagte hart vir bejaardes gehad.”
Me. Leandri Human van die Altersheim Otjiwarongo sê: “Die inwoners, bestuur en personeel van die Altersheim Otjiwarongo groet ’n legende en bedank hom vir alles wat hy vir ons oor baie jare gedoen het.
“Die gala’s en die ‘welcome back’-partytjies, die lokaal en gepaardgaande reëlings wat hy altyd voorsien en mee gehelp het, en die reuse-skenkings ten bate van die bejaardes, gedryf met absolute ywer en liefde en omgee. Hy het as voorsitter van die kuratorium leiding gegee met liefde en goeie raad.”
Volgens sy vrou het hy altyd gesê hy het ’n talent vir entrepreneurskap van God gekry.
“Met dié talent het hy gewoeker. Hy was vir niks bang nie.”
Greeff het ook die kerke en die buurtwag op Otjiwarongo ondersteun. “Ek kan net sê Hendri was tien jaar by die buurtwag betrokke waarvan hy die laaste drie jaar voorsitter was,” het mnr. Eben du Plessis van die buurtwag gesê.
“Hendri het leiding van die dorp se CCTV-kameraprojek geneem en was ook lid van die ONP-noodreaksiegroep. Die objektiewe en energieke gesindheid waarmee hy die buurtwag gelei het, sal ongelooflik gemis word. Hy het altyd met so ’n nederige en onbaatsugtige gesindheid die gemeenskap van Otjiwarongo bedien. Hy het altyd die gemeenskap se welstand as sy verantwoordelikheid beskou.”
GROOTSTE DROOM
Ronelle sê: “Ons kinders het kleuterskool toe gegaan en dit was agter die dokter se spreekkamer in ’n klein vertrek met ’n klein tuin. Hendri was nie gelukkig hiermee nie. Hy het ’n groot huis met ’n tuin gekoop en vir die kleuterskool gegee.
“Sy grootste droom was dat die skole op Otjiwarongo saamsmelt en een word; dat kinders op dieselfde perseel in dieselfde skool van kleuterskool tot matriek is. Hy het klaar die grond vir die ontwikkeling gekoop.”
Ronelle was by uithouritte betrokke en hoewel Greeff nie juis van perde gehou het nie, het hy altyd sy vrou en die sport ondersteun wanneer daar ’n kompetisie op Walvisbaai was.
Greeff was nog by veel meer projekte betrokke en het baie meer gedoen – soos toe hy in 1998 die eerste ravepartytjie in die amfiteater op Swakopmund se duine gereël het.
“Sy kinders was alles vir hom en hy het ons op sy hande gedra.
“Hendri het altyd gespot en gesê hy het 2015 afgevat omdat sy dogter gebore is. Hy het bedags so 11:00 huis toe gekom en tee kom drink, dan het hy net nie weer werk toe gegaan nie.
“Rohandri hardloop elke aand by die huis uit en gaan soek haar pa se sterretjie. Ons het vir haar gesê sy moet die helderste ster vind – dis pappa wat afkyk en vir haar en boetie oppas.”
– [email protected]
FOTO’s
Hendri Greeff (53), saam met sy vrou Ronelle en kinders Rohandri (6) en Hendro (5). Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie