Otjiwarongo stof ander dorpe uit
Otjiwarongo is Saterdag by die Namibië Toerisme Ekspo as die wenner van Namibia Media Holdings en vennote se Dorp van die Jaar-kompetisie (NTY2017) aangewys.
Die ander finaliste was Lüderitz, Ondangwa en Swakopmund.
By al die finaliste se stalletjies was daar gedurende die ekspo lewendige interaksie en stemme het tot Vrydagmiddag onverpoosd ingerol.
Voor die aankondiging het die senuwees geknaag en uiteindelik was Otjiwarongo se verteenwoordigers die span wat jubelend in die lug gespring het.
“Ons is in die sewende hemel en oorbluf – alles in een,” het me. Adelheid Shikongo, die dorp se munisipale woordvoerder, gesê. “Ons het alles gegee en baie hard gewerk. Omdat dit ons tweede keer as finalis was, het ons op aggressiewe bemarking besluit om te verseker dat ons hierdie keer aan die wenkant is."
Die een gelukkige deelnemer wat N$27 000 losgeslaan het, is mnr. Louis Beukes van Groot Aub. Hy het vir Swakopmund gestem.
“Ek het nog nie eens besluit hoe ek dié meevaller gaan gebruik nie," het Beukes aan Republikein gesê.
“Ek dink ek gaan ‘n gedeelte spaar en die res gebruik om ‘n paar goedjies hier by my huis reg te maak,” het hy oor sy planne opgemerk. “Baie dankie vir die geleentheid wat julle aan deelnemers gegee het."
Volgende jaar gaan die groter dorpe ‘n ruskans kry, met 20 dorpe wat om die titel Klein Dorp van die Jaar sal meeding. Dit is munisipaliteite met minder as 10 000 inwoners.
Dit is volgende jaar ook die 20ste aflewering van die ekspo.
Die deelnemers vir volgende jaar is Arandis, Aranos, Eenhana, Hentiesbaai, Karasburg, Karibib, Khorixas, Nkurenkuru, Okahao, Okakarara, Omaruru, Omuthiya, Oniipa, Opuwo, Oranjemund, Oshikuku, Otavi, Outjo, Ruacana en Usakos.
NMH se vennote in die projek was Nedbank Namibia, Coca-Cola, Vivo Energy Namibia/Shell, die African Leadership Institute (ALI), Kanaal 7, Waltons en Mondi Rotatrim.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie