Otjiwarongo-vrou van bedrog aangekla
Otjiwarongo-vrou van bedrog aangekla

Otjiwarongo-vrou van bedrog aangekla

Vermeende bedrog om die reëls van die munisipale behuisingskema vir personeel te omseil, het ‘n amptenaar van Otjiwarongo aan die pen laat ry.
Ronelle Rademeyer
‘n Administratiewe toesighouer by die Otjiwarongo-munisipaliteit het Maandag op klagte van bedrog in die landdroshof op die dorp verskyn.

Sy is op borgtog van N$2 500 vrygelaat.

Me. Adelma Seibes is deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) in hegtenis geneem nadat ‘n ondersoek gewys het sy het na bewering ‘n vervalste titelakte aan die munisipaliteit voorgelê en te kenne gegee sy is besig om haar eiendom aan mnr. Andries Jacobs te verkoop.

Seibes het dit glo gedoen om erf 1399 op die dorp ter waarde van N$234 236,30 as deel van die behuisingskema vir munisipale amptenare van die munisipaliteit te koop.

Munisipale reëls bepaal personeel wat aansoek doen om ‘n erf te koop, mag ten tyde daarvan nie oor ‘n ander erf of eiendom op Otjiwarongo beskik nie.

Indien wel, moet hulle binne 90 dae ná hulle om die erf aansoek gedoen het, bewys aan die munisipaliteit lewer dat hulle hul bestaande eiendom verkoop het.

Die ACC sê in ‘n verklaring dít is na bewering waarom Seibes dokumentasie vervals het en die munisipaliteit oor die transaksie tussen haar en Jacobs om die bos gelei het.

Sy het die erf, wat sy na bewering op hierdie bedrieglike wyse bekom het, later aan mnr. Otto Iipinge, goewerneur van Otjozondjupa, verkoop sonder dat sy glo ‘n sent daarvoor betaal het.

Seibes se verhoor is tot 28 Augustus uitgestel om haar geleentheid te gee om ‘n regsverteenwoordiger aan te stel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!