Otjomuise-huise staan leeg
Die regering sê alvorens huise in Otjomuise bewoon kan word, moet die woonbuurt geherproklameer word waarna dit munisipale dienste sal kry.
Elvira Hattingh - Die nuutgeboude wooneenhede in Otjomuise uitbreiding 10 kan nie bewoon word nie omdat dit nog nie aan munisipale dienste soos die elektrisiteit-, riool- en waternetwerk gekoppel is nie.
Volgens die ministerie van landelike en stedelike ontwikkeling is dit nie waar dat die regering dit onbewoon hou nie.
Die ministerie het verlede week ‘n verklaring uitgereik om te verduidelik waarom dié huise, wat op die oog af voltooid blyk te wees, steeds nie bewoon word nie.
Dít volg nadat die kwessie in sosiale media bevraagteken is.
Die ministerie se uitvoerende hoof, mnr. Daniel Nghidinua, het verduidelik verskeie uitdagings het ontstaan, wat tot vertragings in die voltooing van die projek gelei het.
“Onder normale omstandighede word munisipale dienste aangelê voordat huise gebou word.
“Enkelbehuising is vir Otjomuise uitbreiding 10 beplan, maar die ontwikkelingsvoorstel wat aanvaar is, het behels dat verskeie soorte wooneenhede gebou sal word.
“Dit sluit in enkelwooneenhede, asook woonstelverdiepingeenhede en in totaal meer eenhede as wat aanvanklik gebou sou word. Die bestaande munisipale dienste was nie hiervoor ontwerp nie,” het Nghidinua geskryf.
Volgens hom het dit behels dat die planne vir die woonbuurt van voor af opgetrek moes word om die groot aantal en verkillende soorte wooneenhede te huisves. Boonop het dit beteken munisipale dienste moet aangepas word.
“Om vertragings te voorkom, is voorlopige goedkeuring gegee vir die bou van huise, terwyl die woonbuurt en munisipale dienste terselfdertyd herbeplan word,” het Nghidinua gesê.
Volgens hom is die projekontwikkeling in Junie 2015 tydelik gestaak voordat ‘n kontrakteur in 2016, onder ‘n nuwe kontrak met die regering, met die voltooiing van die 362 halfgeboude wooneenhede voortgegaan het.
Nghidinua sê die verwagting was dat hulle teen Desember 2017 klaar sou wees, onderhewig aan die voltooing van planne vir die woonbuurt en die aanpassing van munisipale dienste.
“Die wooneenhede is struktureel voltooi, maar kan nie prakties voltooi of gereed wees om bewoon te word nie omdat werk aan munisipale dienste vertraag is.
“Die redes hiervoor sluit in dat die woonbuurt eers gedeproklameer moet word voordat dit vir die nuwe, digter ontwikkeling geproklameer kan word. Om dié rede kon die planne vir munisipale dienste nog nie goedgekeur word nie.
“Sonder die goedkeuring van dié planne kan die installering en bou daarvan nie plaasvind nie, en kan die huise nie aan munisipale dienste gekoppel word nie,” het Nghidinua verduidelik.
“Daarsonder kan die huise nie bewoon word nie.”
Nghidinua het gesê die hersiene beplanning van die woonbuurt is in Desember verlede jaar afgehandel en die algemene planne is tans by die landmeter-generaal vir goedkeuring.
“Die regering en ander betrokke partye doen alles moontlik om die proses te bespoedig sodat die projek voltooi kan word en die huise so gou moontlik bewoon kan word,” het Nghidinua gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie