Otjomuise kry su00f3 sy daaglikse brood
Otjomuise kry su00f3 sy daaglikse brood

Otjomuise kry só sy daaglikse brood

Tanja Bause
Tanja Bause



Sedert Oktober hang die reuk van vars brood oor die Otjomuise informele nedersetting. Die Mammadu-sentrum het sy nuwe bakkery geopen en bak daagliks vars wit- en bruinbrood, brötchens en soet rosyntjiebrood.

Die brode word hoofsaaklik vir die sentrum se gebruik en op bestellings vir organisasies gebak. Mense uit die omgewing kom koop ook hier hul brood. Mammadu bak by die 200 brode en 112 brötchens daagliks.

“Ons brood kos N$10 en die naaste inkoopsentrum is twee kilometer hiervandaan,” het mnr. Barry Wasserfall, die hoofbakker, gesê.

In die toekoms wil hulle ook koeke bak.

Wasserfall is nou al 10 jaar in die bakbedryf en hy het onder ''n meesterbakker geleer.

Mnr. Mike Uandara bak saam met hom.

“Kosmaak is in my bloed. Ek het by my ouma grootgeword en sy het my altyd laat kook. Ek moes die pap maak en die vleis gaarmaak. Ek kon kook voordat ek skool toe is,” het Uandara vertel.

Hy het na sy opleiding baie jare lank vir verskeie hotelle en ambassades as sjef gewerk. Hy het ook as ''n sjef vir toergroepe gewerk en sy eie spysenieringsonderneming bedryf.

“Ek het ''n oproep van Mammadu ontvang, want hulle het ''n bakker gesoek en ek het die geleentheid met beide hande gegryp. Ek het ''n opknappingskursus gedoen en nou is ek hier en nie ''n oomblik spyt nie,” het hy gesê.

Die bakkery is ''n vennootskap tussen Mammadu Trust en Life Change Saint Mark Coptic Orthodox Church.

“Vader Mark het na my toe gekom, want die kerk wou iets vir die mense doen waar hulle ''n vaardigheid kan leer en waaruit hulle kos kan kry. Dit is hoe die idee van die bakkery gekom het,” het Röhm gesê.

“Almal hier het brood nodig en met die vaardighede wat hulle in die bakkery leer, kan hulle werk by ander plekke kry.”

Die Mammadu Trust, wat onlangs sy vyfde verjaardag gevier het, is deur me. Agnes Röhm begin.

Teen aanstaande jaar sal sowat 60 kinders by die sentrum versorg word. Hulle het ''n kindergarten, ''n voor­skool en ''n naskoolse sorgsentrum.

Die kinders kry daagliks ontbyt en middagete.

“Ons help hulle ook met hulle mediese behoeftes soos tandartse en wanneer hulle oë getoets met word,” het Röhm gesê.

Veertien van die kinders is in private skole in Windhoek en Mammadu betaal die skoolgeld. Hulle word met ''n bus skool toe en huis toe gevat. Die kinders word gereeld op uitstappies na fabrieke, museums en besig­hede geneem.

“Aan die einde van die jaar vat ons ons beste presteerders op ''n weeklange toer iewers in die land. Ons was al in Etoshapan en in Swakopmund. Die jaar gaan ons suidwaarts tot in Lüderitz met die kinders,” het Röhm gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!