Otjomuise se sandaalman
Toe mnr. Beaven Munichinga Lüderitz toe trek vir werk, het hy besef hy kan sy eie skoenherstelbesigheid begin.
Tanja Bause - “Wanneer jy in besigheid misluk, is die mislukking 'n trappie op jou leer boontoe. 'n Mislukking behoort jou nie te verpletter nie, maar jou op te tel en sterker te maak,” sê mnr. Beaven Munichinga.
Munichinga is op Katima Mulilo gebore en het daar grootgeword. Sy pa het hom geleer om sy eie skoene te herstel en vandag ontwerp en maak Munichinga skoene vir sy daaglikse brood en botter.
“My pa het my geleer sodat ek my eie skoene kon regmaak en nie met stukkende skoene hoef rond te loop nie,” vertel hy.
Omdat werk op sy tuisdorp skaars was, het Munichinga Lüderitz toe getrek om by 'n vismaatskappy te gaan werk.
Volgens hom het hy nie 'n groot salaris verdien nie en moes hy noodgedwonge 'n plan beraam om sy inkomste aan te vul.
Munichinga wou nie 'n straatverkoper wees nie.
Hy het toe begin om skoene te herstel. Dié nuus het vinnig versprei en al meer mense het hul verslete skoene vir Munichinga gebring.
Hy was die enigste mens op die dorp wat skoene herstel het en die aanvraag vir sy dienste het vinnig gegroei.
“Ek is toe Windhoek toe om te kyk of daar mense is wat 'n bestaan uit die herstel van skoene kan maak. Ek het gesien daar is mense wat dit doen in ander dele van die land. Ek het besluit om uit my pos te bedank en die skoenherstelbesigheid voltyds aan te pak.”
Munichinga het 'n jaarkursus in sakebestuur aan die destydse Politegnikum van Namibië voltooi.
Die kursus is deur die ministerie van handel en nywerheid gefinansier.
“Hier het ek geleer hoe om 'n besigheid te bestuur, hoe om met werknemers te werk en hoe om koste en wins te bereken. Ek kon nie 'n besigheid begin sonder dat ek geweet het wat ek doen nie,” vertel hy.
In 2007 het hy Bupilo Shoe Repairs gestig. Bupilo beteken “lewe” in Munichinga se moedertaal, Silozi.
Hy het sy besigheid met drie werknemers by Lüderitz se waterkant begin.
Munichinga het vinnig besef sy besigheid kan uitbrei as hy skoene kan maak ook.
Toe begin hy sandale uit springbok-, koedoe- en ngunibeesvelle te maak. Handsakke en gordels het gevolg.
“Die vismaatskappye het begin sukkel en werkers afgelê. My besigheid het gegroei, maar die aantal inwoners was besig om te krimp omdat mense weens te min werk die dorp verlaat het. Ek is weer Windhoek toe en het besef ek kan baie meer kliënte en werk in Windhoek, en in veral in Otjomuise, kry.”
Vyf jaar gelede het Munichinga sy besigheid na die hoofstad verskuif. Hy het intussen begin om skoolskoene uit leer te maak, wat baie gewild is. Maar sy grootste treffer is sy sandale uit gekleurde vel.
“Ek koop en gebruik gekleurde vel. Baie mense maak skoene, maar dit is net in die diere se natuurlike kleure. Modes verander voortdurend en jy moet byhou. Jy kan nie die besigheid maak soos wat jy as eienaar dit wil hê nie. Jy moet na jou kliënte luister. Jy moet luister wat hulle wil hê en dan moet jy dit maak.
“Kliënte is altyd reg, want hulle moet die skoene koop. Jy moet vir hulle gee wat hulle soek. En hulle soek gekleurde, moderne sandale.”
Munichinga het drie kontakte op Katima Mulilo wat sy skoene namens hom verkoop.
In Windhoek werk 'n vrou vir hom.
Die herstel van skoene bring die meeste geld in, omdat mense daagliks skoene bring wat herstel moet word.
Drie jaar gelede het Munichinga 'n vrou in Otjomuise raakgeloop wat sit en groente en klere verkoop het.
“Ek het vir haar gesê sy kan nie so besigheid doen nie en haar na my werkswinkel geneem.
“Ek het haar alles geleer wat ek van besigheid af geweet het. Ek het haar ook geleer om groot naaimasjiene te gebruik. Ná twee jaar het ek gesê ek kan haar nou niks meer leer nie, sy is reg vir haar eie besigheid. Sy het nou haar eie suksesvolle kleremaak- en herstelbesigheid nie ver van my af nie.
“Nou het ek 'n ander vrou wat ek leer. So gee ek terug en verseker dat ander mense ook vir hulself kan werk en 'n inkomste kan verdien.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie