Otjozondjupa herdenk erfenisweek
Honderde inwoners van die Otjozondjupastreek het die jaarlikse nasionale erfenisweek gevier deur terreine van historiese en geografiese belang in die streek te besoek.
Die geleenthede is deur die direktoraat van nasionale erfenis- en kultuurprogramme gereël wat in Otjiwarongo geleë is.
’n Kultuurbeampte in die direktoraat, me. Hertha Bukassa, het gesê hul doel is om soveel jong mense as moontlik te betrek ten einde trots oor Namibië se diverse kulture te vestig.
Sy het gesê die program, wat verlede week gehou is, het met ’n groot byeenkoms in die dorp afgesluit waar kulturele opvoerings gehou en tradisionele disse voorgesit is.
“Ons het elke dag ’n aktiwiteit aangebied, soos ’n besoek aan die Hoba-meteoriet en die Waterberg- platopark,” het sy gesê.
Onderwysers en 60 laerskoolleerlinge van Rogate, Tsaraxa-Aibes en Karundu is verlede week na die Hoba-meteoriet geneem. Daarna is die rolprent Ghostland: The view of the Ju’Hoansi in die Swanevelder-gemeenskapsaal vertoon.
Mense is aangemoedig om die hele week tradisionele drag te dra.
Vanjaar se erfenisweek se tema is “Die beskerming van Namibië se kultuur en erfenis” en elke streek het sy eie tradisionele aktiwiteite aangebied. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie