Otjozondjupa: Swapo-6 sonder skorsingsbriewe
Otjozondjupa: Swapo-6 sonder skorsingsbriewe

Otjozondjupa: Swapo-6 sonder skorsingsbriewe

Die aksie kom vir die ses party-hoës as ’n verrassing.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Swapo het ses raadslede van die Otjozondjupastreek, insluitende die goewerneur, mnr. Otto Ipinge, Woensdag met onmiddellike effek geskors, maar dié lede sê hulle het nog nie amptelike skorsingsbriewe ontvang nie.

Buiten Ipinge is die vyf ander geskorstes mnre. Steve Biko Booys van Okahandja, Julius Neumbo van Otjiwarongo, Grootfontein se streekraadslid me. Nelao Amagulu, die burgemeester, mnr. Absai Haimene, asook die voorsitter van die Grootfontein-munisipaliteit se bestuurskomitee, mnr. Jack Tsanigab.

Booys het gisteroggend telefonies aan Republikein bevestig nóg hy, nóg die ander vyf, het amptelike skorsingsbriewe ontvang en nie een van hulle was Woensdag teenwoordig by die mediakonferensie op Otjiwarongo waar die skoknuus bekend gemaak is nie.
"Die eerste wat ons van ons skorsing gehoor het, is deur die media," het hy gesê.

Die skorsing is volgens Booys uit die bloute.

“As ’n wetmaker wil ek nie kommentaar lewer voor ek die amptelike skorsingsbrief ontvang het nie. Nie een van ons ses het sulke briewe ontvang nie en nie een van ons was by die mediakonferensie op Otjiwarongo nie. Is dit ooit waar?” het hy gevra.

Booys het gesê as daar ’n dissiplinêre kwessie was, moes ’n dissiplinêre komitee gevestig word en die skorsing deur die regte strukture plaasgevind het.

Swapo se sekretaris vir inligting en mobilisering in die Otjozondjupastreek, mnr. Clive Kavgendji, het die aankondiging Woensdag namens die party se uitvoerende komitee in die streek by 'n mediakonferensie op Otjiwarongo gedoen.



Volgens die mediaverklaring was Ipinge die voorbok van die groep wat glo optogte teen Otjozondjupa se uitvoerende leierskap gereël het om hul verwydering te eis.

Ipinge en die ander word ook daarvan beskuldig dat hulle met die party se strukture in die Ombili- en DRC-nedersettings op Otjiwarongo ingemeng het.

“Die groep het ook ongemagtigde verklarings, wat vir die party skadelik is, gemaak. Hulle het ook leuens oor die verkose streekleiers versprei,” lui die verklaring.

“Hulle het mandate op Grootfontein en Otjiwarongo onwettig hernu” en Swapo hof toe gesleep “met die saak wat hulle verloor en later laat vaar het”.

REAKSIE

Gisteroggend het dit volgens ’n amptenaar in die gange van die Grootfontein-munisipaliteit oor die jongste verwikkelinge gegons.

Haimene het gisteroggend telefonies aan Republikein gesê hy het ook geen amptelike skoringsbrief ontvang nie.

Hy het gesê hy steur hom nie aan “onbenullige heksejagkwessies” nie.

“As burgemeester van Grootfontein fokus ek op dienslewering aan die inwoners van Grootfontein. Ek werk vir my president, Hage Geingob, en omdat dit verkiesingsjaar is, fokus ek op die Swapo-party,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!