Otto, Choppie en die Engelse huiswerk
Eintlik wou ek skryf, veral in die lig van die komende verkiesings, dat mens ’n soort eksamen behoort af te lê om te kan stem. Wat help dit mens stem, maar jy weet niks van politiek of die ekonomie af nie? Of jy’s ’n veroordeelde misdadiger met geen respek vir ander se reg op lewe, vrede en veiligheid nie? En natuurlik is politici deeglik bewus hiervan, en gebruik hulle dit tot hul voordeel. Die oningeligte massas stem met hul emosies, wat ruimte laat vir uiterste manipulering en ander slaggate.
Ek wou ook skryf dat mens vir ’n lisensie moet aansoek doen voor jy kan voortplant of troeteldiere mag aanskaf. Jy moet darem finansieel vir die kind of dier kan sorg, en jy moet ’n sekere minimum vlak van emosionele intelligensie hê om nie nóg opgeneukte grootmense en mishandelde, agtergelate diere tot die samelewing te voeg nie.
Ek wou ook skryf dat dit ’n helse skande is dat die meeste politieke partye tjoepstil is oor die regte van seksuele minderhede, die wettiging van selfdegeslaghuwelike, sekswerk en aborsie, want die droogte is belangriker.
Of dat hulle net ’n klomp fluff daaroor mompel, sonder daadwerklike aksie.
Hallo! Alles is ewe belangrik. Mense pleeg selfmoord oor hierdie goed, al beteken dit dalk niks vir jou nie.
Maar om die vrede te bewaar, sal ek liewers nie hieroor skryf nie, want soveel grootmense het eenvoudig nie die emosionele intelligensie en volwassenheid om kalm, rasionele en praktiese gesprekke hieroor te voer nie. In ’n land waar vryheid van spraak en uitdrukking in die Grondwet gewaarborg is, is mense darem maar vrekbang om daai vryheid met verantwoordelikheid te embrace.
Saam met regte kom verantwoordelikhede, soos om nie in jou broekie te tjorts as iemand nie met jou saamstem nie. Soos om te sorg dat jy ingelig is, dat jy koerante lees, dat jy weet wat om jou aangaan.
Maar genoeg hiervan. Ek skryf ek maar eerder oor ons honde, Otto en Choppie, en die alewige Engelse huiswerk wat hulle doen wanneer ek en Spruit nie kyk nie.
Ja, regtig maats, ons het lankal reeds vermoed Otto (7), ons Duitse Herdershond, en Choppie (6), ons Jack Russelltjie, hou hulle met allerhande interessante goedjies besig wanneer ek en Spruit skool toe en werk toe gaan.
Otto is, soos ons dit het, is in sy vrye tyd ’n ganster rapper wat graag bling dra en gereeld “yo, yo, yo” sê.
En Choppie is in haar vrye tyd ’n koshuismoedertjie wat met haar koekrollertjie en voorskootjie graag gereeld vir die buurt se honde vertel hulle moet net regkom.
Maar ons vermoedens raak al sterker dat dié twee eintlik closet Engelse letterkundiges is. Toe ons in Johannesburg gebly het, het ons een middag by die huis gekom, met ’n Engelse gediggie wat op die voorstoep lê.
Die honde het gemaak of hulle van niks weet nie, maar ons weet Otto het daai gediggie geskryf. Dit was dan duidelik in sy handskrif geskryf. Choppie het gesê sy’t nie tyd vir twak nie.
Ons het dit maar laat gaan, maar was nogal heimlik beïndruk met Otto se literêre vermoëns.
En toe gebeur dit wragtag dié jaar weer. Hier. In Namibië. Ons kom by die huis een aand, met ’n Engelse werkopdraggie wat voor die deur lê. Nié Spruit s’n nie.
Choppie ontken weer alles, koekrollertjie in die hand, en sê sy was heeldag besig om brood te bak, sy weet van niks.
Otto lag net skaam, en vra toe ons moet sy bal vir hom gooi en ophou simpel wees.
Maar nou weet ek en Spruit, wanneer ons soggens in daai kar klim en ry, gooi Otto sy rapper outfit af, trek sy tweed-baadjie aan, steek sy pyp op, verstel sy brilletjie, skuif sy beret reg en val weg met Shakespeare, Twain, Lawrence en sekerlik Lewis Carroll. En dan smyt Choppie haar voorskootjie in die hoek en die twee sit heeldag en debatteer oor rymdwang, vrye vers en die sin van sinestesie. Hulle praat ook politiek en verstom hulle aan hoe dof mense in die algemeen is. Veral grootmense.
Grootmense het glo al mense op die maan gesit, hoor hulle, maar party van hulle kan dit steeds nie regkry om hul diere, kinders, medemens en die omgewing met verantwoordelikheid te hanteer nie.
En dan wonder die twee hoekom húlle nie eerder stemreg het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie