Otto Landsberg vervang Woody by BA
Tielman van Lill - Die sokkerklub Black Africa sê hy het pas ’n suksesvolle herstrukturering ondergaan en het sy afrigtingspan en spelers vir die 2016/17-seisoen begin kontrakteer.
BA WIL graag sy swak vertoning van die laaste seisoen regstel en het planne om met nuwe bloed in sy geledere veel beter in die volgende tydperk te vaar.
Woody Jacobs, wat verlede jaar nog vir African Stars tot die MTC Namibiese Premierliga-kampioene gebrei het en toe na BA vir die 2015-16 seisoen verhuis het, het intussen die Leeu-kamp verlaat om groener weivelde te soek.
Ranga Haikali, raadsvoorsitter van BA, sê dit was nie ’n maklike taak vir die bestuur om dinge by die klub te verander nie en daar is lank beplan voordat enige besluite geneem is.
“Omrede hier met mense en hul emosies gewerk word, moes ons lank en hard dink en die voor- en nadele opweeg. Ons is uit verskeie oorde gekritiseer, maar was vasbeslote om sake reg te stel sodat ons die 2016/17-seisoen met vars idees kan afskop. Die aksie was nodig om die gewenste resultate vir die komende seisoen te behaal.
“Met ’n opgekikkerde afrigtingspan en spelers wat met ’n hoë moraal gelaai is, gaan ons in die ou tradisionele rooi en swart trui weer speel soos wat ons oral bekend geword het,” het Haikali verduidelik.
Black Africa is ’n klub met ’n ryke geskiedenis wat oor 52 jaar strek en unieke tradisies wat net deur sy eie mense verstaan word.
“Net afrigters wat in die BA-familie grootgeword het en deur sy ontwikkelingsprogramme volwassenheid bereik het, kan dit verstaan. Dit is hoekom ons Otto Landsberg wat die hulprigter was en ’n oudspeler is, as hoofafrigter aangestel het. Arnold Subeb wat as doelwagter vir ons diens gedoen het en die doelwagterbreier was, is nou Landsberg se assistent.
“Die voormalige verdediger Muree Katjiteo is ook ’n hulpafrigter, terwyl Salimi Shikulo weer as spanbestuurder aangestel is. Daisy Awoses is ons noodhulpbeampte en Axab Skrywer die bagasiemeester,” het die voorsitter bevestig.
Volgens Haikali was die bestuur van BA baie volwasse en professioneel in hul moeilike taak.
“Ek spreek my waardering uit vir die manier hoe met ware leierskap te werk gegaan is in hierdie delikate saak. Dit is vanjaar die viering van ons 52ste bestaansjaar en ons as viermalige kampioene het opnuut gewys dat ons die toonaangewende klub is. Enige ander klub wat ons hulp nodig het, is meer as welkom om ons te nader. Ons sal kosteloos in die gees van die Harambee-plan ’n diens lewer,” het Haikali benadruk.
Hy het bevestig dat “’n goeie klompie spelers” reeds hul handtekening neergepen het. Binnekort sal proewe vir genooide spelers gehou word.
“Black Africa is die klub wat die afgelope ses jaar die mees konstante vertonings lewer. Ons het die MTC NPL-kroon vir vier opeenvolgende seisoene ingepalm en die afgelope twee seisoene tweede geëindig. Geen ander klub kan met so ’n getuigskrif spog nie en dit maak ons die voorste klub in die land. Ek vra dat ons ondersteuners vir Tigers en African Stars tydens die Dr. Hage Geingob-beker sal ondersteun, want ek glo dat beide ons as Namibiërs trots sal maak,” het hy afgesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie