Ou begraafplaas word respekvolle rusplek
Die eerste fase van opknapping van Rehoboth se ou begraafplaas is afgehandel en fase 2 begin binnekort.
Boet Matthews
Skouer word aan die wiel gesit om die afgeleë eerste begraafplaas op Rehoboth in 'n eervolle rusplek te omskep.
Die subkomitee van Rehoboth Begraafplaas Ontwikkelingskomitee (RCDC) het onlangs met fase 1 klaargemaak en sal binnekort met fase 2 begin sodra maatskappye of individue in die gemeenskap bereidwillig is om 'n stuiwer in die Rehoboth Begraafplaas Ontwikkelingsforum (RBOF) se beurs te gooi.
Die subkomitee wat graag die begraafplaas weer op standaard wil bring, vandalisme wil hokslaan en verseker dat dit nie sommer as 'n deurlooppad gebruik word nie, is mnre. Theo Jankowski (voorsitter), Romy Januarie, James Yisa, Manfred Draghoender, Patrick Jankowski en Johann Wohler.
'TEVREDE MET VORDERING'
Die voorsitter Theo Jankowski het by navraag aan Republikein gesê: “Ons is baie tevrede met die vordering van die opknapping tot dusver, veral die werk by die ingang waar pragtige pilare met bouklip, sementstene en 'n stewige staalhek aangebring is.”
Hy het ook benadruk die volgende stap sal wees om binne die begraafplaas verder skoon te maak en die sykante op te rig sodat families hul geliefdes se grafte kan toe-eien.
“Tot dusver kon nog geen name van sommige afgestorwenes gevind word nie. Ons weet vele erkende voorouers van die gemeenskap en ander bekendes is hier begrawe. Groot name soos Kaptein Hermanus van Wyk en sy vrou Margaret, Kaptein Cornelius van Wyk, burgervoorsitter Allan Louw, die eerste Baster-landdros Dirk van Wyk, die Nama-hoofman Isak Gowaseb, Johannes Timotheus Beukes (ook bekend as Johannes Griet), asook Maans Beukes en sy vrou, Elizabeth.
“Daarbenewens rus daar ook vyf Katolieke priesters en die bekende broeder Josef, wie se hande vir niks verkeerd gestaan het nie. Dié Katolieke broeder het die eerste elektrisiteit in Rehoboth aan die gang gebring. Hy het ook die eerste lykkiste gemaak en was 'n uitstekende fotograaf wat destyds swart-en-wit foto's self ontwikkel het. Hy was inderdaad 'n merkwaardige man in die Katolieke gemeente en gemeenskap op Rehoboth.
BEKENDE BOORLINGE
“By die begraafplaas lê ook Duitse soldate wat in Sam Khubis gesneuwel het.”
Volgens Manfred Draghoender lê daar nog vele ander bekende boorlinge van Rehoboth, maar 'n groot vraag by talle inwoners is steeds waar die graf van die befaamde Jakobus Samuel Beukes, ook bekend as Koos VVO of soos sommiges ook sê Oukoes Samuel, is.
Volgens Theo was Koos VVO 'n man met durf en uithouvermoë. wat met sy kierie die stofstrate van Rehoboth aangedurf het om geld in te samel vir telegramme wat hy na die VVO (nou die Verenigde Nasies) in New York gestuur het om te kla oor die apartheid in die destydse Suidwes-Afrika, veral op Rehoboth. Hy het glo ook die adres van die VVO aan ander inheemse leiers verskaf om protesbriewe te skryf.
Hy het volgens oorlewering 'n boodskap na die Vatikaan in Rome gestuur waarin hy Johannes XXIII gelukgewens het met sy inhuldiging as Pous. Die terugvoering uit Rome was glo enorm en Oukoes Samuel is erkenning gegee vanuit die hoogste Katolieke kringe.
Op die manne van die RBOF wag nog harde werk om hul droom te verwesenlik met die verdere opgradering van die dorp se oudste begraafplaas.
Volgens Januarie is die manne egter vol vertroue dat hande in die sakke van die gemeenskap gesteek sal word om die droom van die dorp te verwesenlik met hul eie spoggerige begraafplaas van vele helde en herinnerings.
Yisa sê die uitgawes sal ongeveer N$200 000 beloop.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie