Ou liedjie, of nuwe hoofstuk?
Ou liedjie, of nuwe hoofstuk?

Ou liedjie, of nuwe hoofstuk?

Dani Booysen
Namibiërs wonder wat soek ministers wat dronk in die openbaar is (dalk ook aan diens?), vloek, voertuie en ander voordele misbruik en potensiële beleggers die koue skouer gee nog in die kabinet.

Dieselfde geld adjunkministers, uitvoerende direkteure (voorheen permanente sekretarisse) en ander onbevoegde bestuurders in die staatsdiens.

Rekenskap, verantwoording en verantwoordbaarheid – kernelemente van die pres. Hage Geingob se toespraak tydens Dinsdag se eerste kabinetsitting – is nie nuwe leimotiewe vir die nuwe regering nie. Die voeg van dade by die woorde was dusver egter beperk.

Om voor die hele nasie in die “kerk” van die kabinet vir hierdie skuldiges te preek, klink mooi, maar ondermyn terselfdertyd vertroue in die regering. Selfs onskuldiges lyk dalk nou vir die publiek verdag.

‘n Gebrek aan optrede teen vrot appels skep ‘n indruk van onaantasbaarheid. Dalk weens individue se Swapo-getuigskrifte en/of die geheime wat hulle oor ander ken en kan uitlap?

Of is daar nie goeie genoeg en betroubare spelers op die plaasvervangerbank nie? Dan is ons diep in die moeilikheid.

By die punt waar nie-Swapolede vir kundige posisies oorweeg sal word, is ons nog nie.

Of 2019 net ‘n nuwe liedjie op ‘n ou deuntjie gaan wees, sal ons moet sien. Die enigste manier om te bewys ‘n nuwe hoofstuk is omgeslaan, is deur optrede.

In ‘n verkiesingsjaar verwag die publiek egter gewoonlik nie veel opskuddings nie.

So sê ander

6 Februarie 2019

Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Die standpunt van die ANC – onlangs ook deur pres. Cyril Ramaphosa verwoord – dat kommissies van ondersoek toegelaat moet word om hul werk af te handel voordat teen beweerde oortreders opgetree word, is onhoudbaar.

Vanselfsprekend kan daar nie met elke bewering hof toe gehardloop word nie. Maar waar daar klinkklare gronde vir vervolgingsondersoeke en gevolglike optrede is moet dit begin gebeur.

Daarom is twee ontwikkelings in dié verband te verwelkom. Die eerste is dat adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie van ondersoek na staatskaping, se vingers klaarblyklik ook begin jeuk.

Net so welkom is die benadering van adv. Shamila Batohi, nuwe nasionale direkteur van openbare vervolging. Sy het dit op haar eerste mediakonferensie in die amp duidelik gestel dat vervolgings moet begin.

Intussen is daar baie wat Ramaphosa en die ANC reeds kan doen. Die eerste is om Batohi al die moontlike begrotingshulp te gee wat sy nodig het.

Verder kan die nodige politieke besluite geneem word oor hooggeplaaste ANC-ampsdraers wie se poste deur die oopvlek van korrupsie in die gedrang gebring word.

Dit lyk of staatskapers in die kabinet en in die ANC se nasionale uitvoerende komitee tot die laaste moontlike oomblik gegun word om te probeer oorleef. Sterker optrede in dié verband is dringend nodig.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!