Ou liefde roes nie
Op 31 Januarie vanjaar het tannie Igna (78) en oom Piet (84) Liebenberg 61 jaar gelede in die NG kerk op Mariental ewige trou aan mekaar beloof. Die Liebenbergs het jare lank op die plaas Oros-Wes naby Kalkrand geboer, en die afgelope sewe jaar bly die paartjie in 'n ouetehuis in Windhoek waar die liefde steeds, meer as drie dekades later, blom. Kyk vandag op Kletskompas, NMH se aanlyn nuusprogram, na 'n onderhoud met die Liebenbergs waarin hulle hul resep vir huweliksgeluk deel. Foto Henriette Lamprecht
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie