Ou polisiebakkie kry nuwe baadjie

Tanja Bause
Erwin Leuschner

Dit lyk soos ’n splinternuwe polisievoertuig, maar dié bakkie het reeds meer as 200 000 kilometer gery.

Verskeie private maatskappye op Swakopmund het die herstel en opknapping moontlik gemaak van ’n bakkie wat elke dag vir misdaadbekamping gebruik word.

Volgens mnr. Mark Weiss van Weiss Auto Body Repairs het een van hulle werknemers met die idee vorendag gekom om iets vir die gemeenskap te doen.

Aangesien die bakkie al ’n aantal jare voor die polisiekantoor op Swakopmund staan, het hy begin roes.

“Ons het nog maatskappye genader wat onmiddellik betrokke wou raak. Met die hulp van Canopy Centre, Greg’s Motor Spares, Namib Upholstery, Hemco Paints en Steckel’s Toyota het ons die bakkie heeltemal vernuwe,” het Weiss gesê.

Dit het drie maande geneem om die voertuig se transformasie te voltooi teen ’n bedrag van minder as N$40 000.

Die polisiebevelvoerder van die Erongostreek, komm. Andreas Nelumbo, het sy dank uitgespreek oor dié private inisiatief.

“Hulle het ’n groot diens aan die gemeenskap van Swakopmund gelewer, want nou kan die polisie die gemeenskap beter dien.”

Hy het ’n beroep op alle polisiebeamptes gedoen om die voertuig op te pas. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!