'Ou skelms' ontneem huishulp van blyplek
'n Weldoener wat sy werker wou verras, is duisende dollar armer nadat hy glo deur twee broers ingeloop is.
Ogone Tlhage - Van 'n weldoener se voorneme om 'n mobiele huis as geskenk vir 'n getroue huishulp te gee, het glo weens twee broers se skelmstreke dadels van gekom.
Mnr. Marius Hough het dié ideale Kersgeskenk beplan vir me. Helena Tibie, hul gesin se jare lange werker, maar mnre. Claude en Sydney van Wyk, twee eiendomsontwikkelaars van Windhoek, het hom na bewering uit sy geld geswendel.
“My vrou het 'n advertensie vir mobiele huise in 'n plaaslike koerant gesien. Die idee was om te betaal vir die konstruksie van hierdie huis vir Helena wat al meer as 14 jaar vir ons werk,” het Hough gesê.
Volgens Hough het hulle 'n deposito van N$13 000, asook nog N$3 000, vir die konstruksie van die huis betaal.
Die Van Wyk-broers het ná die betaling glo slegs 'n betonblad gegooi wat veronderstel was om die vloer van die huis te wees, waarna hulle na bewering verdwyn het.
“Ons het verskeie oproepe na die broers gemaak en ook boodskappe gestuur om óf die werk klaar te maak óf die geld terug te betaal,” het Hough gesê.
Die onsuksesvolle pogings om die broers in die hande te kry, het Hough genoodsaak om 'n klag by die polisie in te dien.
SAAK GEREGISTREER
“Ons het die saak by die Katutura-polisiekantoor geregistreer. Ek het al die nodige dokumentasie en bewysstukke by die ondersoekbeampte ingedien. Dié beampte het nie eens die dossier behoorlik voltooi nie; ek moes dit vir hom doen. Ek het die selfoonnommers, afskrifte van die advertensie en bewyse van betaling aan hom gegee.”
Vir Hough was dit vreemd dat dieselfde broers wat beskuldig word van swendelary, reeds voorheen op dieselfde aanklagte in hegtenis geneem en op borgtog vrygelaat is.
“Hulle het al voorheen glo dieselfde met ander besighede gedoen,” beweer Hough.
Ondanks die oorweldigende bewyse wat Hough glo in sy besit het, is die Van Wyk-broers steeds nie in hegtenis geneem nie. Voorts sê Hough hy het ook nie genoegsame kommunikasie van die polisie ontvang nie en het gevolglik die dienste van 'n privaat speurder bekom.
“Die speurder was bereid om die ondersoek oor te neem om die Van Wyks in hegtenis te neem,” het Hough gesê.
Mnr. Sydney van Wyk, een van die broers, wou nie kommentaar lewer op navrae wat aan hom en sy broer gerig is nie.
“Hoekom bel die koerant my? Is jy 'n polisiebeampte? Is jy 'n prokureur? Wat het dit met jou te doen?” het hy gevra en die telefoon doodgedruk.
Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, hoof van die polisie se openbare skakelafdeling, sê vordering is in die tussentyd met die saak gemaak en dat Hough se aantygings van geen vordering onwaar is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie