‘Ou veedief’ in hangkas vasgetrek
’n Slagting van bokke het in die Omaruru-distrik plaasgevind.
Francoise Steynberg – Veediefstal het die afgelope week weer hoogty gevier met sewe vermeende veediewe wat in hegtenis geneem is.
Volgens die Namibiese polisie se koördineerder vir misdaadondersoeke in die Hardapstreek, adj.komm. Eric Clay, is ’n ou vermeende veedief die naweek opnuut vasgetrek.
Mnr. Clifford Fish (41) is Vrydag in hegtenis geneem waar hy in ’n hangkas weggekruip het. Volgens Clay het Fish en sy makkers glo ses skape en twee bokke ter waarde van N$18 000 op die plaas Tsumis in die Rehoboth-distrik gesteel. Twee karkasse is gevind.
Fish sou gister in die landdroshof op Rehoboth verskyn het, het Clay bevestig.
Volgens boere in die omgewing is Fish in Julie 2020, nadat hy twee jaar verhoorafwagtend in die tronk deurgebring het, weens die Covid-19-pandemie in oorvol tronke vrygelaat.
Fish, wat daarvan beskuldig word dat hy na bewering as veedief ’n skrikbewind op plase in die omgewing gevoer het, is in 2018 vir die soveelste keer vasgetrek.
Een boer sê sy veediefstalskade wat aan Fish te wyte is, beloop meer N$200 000.
Op die plaas Otjihundu naby Seeis in die Windhoek-distrik is ses mans (ouderdomme 23, 27, 37 en 43) Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle drie bulle ter waarde van N$40 000 elk geslag en die vleis in ’n bakkie gelaai het.
Volgens die misdaadverslag is twee spiese, messe, ’n byl en bloedbesmeerde klere in die bakkie gevind. Die polisie se ondersoek duur voort.
SLAGTING BY OMARURU
In die Omaruru-distrik is twee voorvalle van veediefstal aangemeld.
Een geval was Sondag toe ’n bok van mnr. Salmon Justus (49) ter waarde van N$1 500 in die weidingsgebied van die Omaruru-dorspgebied geslag is.
“’n Namibiese man (59) is in hegtenis geneem en die vleis is gevind,” sê adj.komm. Erastus Iikuyu, koördineer van misdaadondersoeke in die Erongostreek.
Die verdagte sou gister in die Omaruru-landdroshof verskyn het.
Die ander geval het Donderdag tussen 14:00 en 20:00 op die plaas Weissenfeld plaasgevind.
“Na bewering het die veeherder die bokke tydens middagete huis toe gebring en hulle laat wei terwyl hy in die huis besig was,” sê Iikuyu.
“Toe hy in die namiddag die bokke na die kraal wou terugvat, het hy agtergekom 32 bokke van die eienaar, mnr. Ebson Muhewa, ter waarde van N$37 000 is vermis. Dit was laataand en daar is besluit om Vrydag na die bokke te begin soek, maar die soektog was onmoontlik weens die swaar reën in die gebied.”
Volgens die polisie het die werkers op die toneel op die plaas afgekom waar die 32 bokke geslag is.
“Die spore van die voertuig wat die vleis weggery het, was nog duidelik op die toneel sigbaar en slegs die bokkoppe en binnegoed is agtergelaat,” sê die polisie.
Volgens die polisie is die verdagtes onbekend en die bokke is nog nie teruggevind nie.
Die polisie versoek enigiemand met kennis van die verdagtes of hul bewegings, of wat bokkarkasse in die omgewing van Swakopmund of Walvisbaai wou verkoop, om by hulle aan te meld. Kontak Iikuyu by 081 246 4757, insp. Jefrey Urib by 081 439 2687 of die naaste polisiestasie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie