Ou vuil, in nuwe ateljees
Ou vuil, in nuwe ateljees

Ou vuil, in nuwe ateljees

Mandy Rittmann
PEET VENTER (SNR) SKRYF:

Dit is 1947. In Windhoek se Talstraat, naby Orban Primêre Skool (tans die musiekkonserwatorium) staan die publieke toilet met twee ingange en twee potte.

My skoolpaadjie loop enkele treë daarvandaan verby, maar ek hou my asem op – oor die stank! Net mense wat moet opgooi, of dalk dronk is, of met ’n jaagmaag, sal afdraai.

En ek? Ek het vergeet om my piepiestaan by die huis te staan en nou haal die noodlot my in! Geen ander keuse - Gulpsknopies reeds los en teësinnig sit ek skooltassie voor die ingang neer. Die naarheid wil my oorweldig, maar die aftap kalmeer my.

Dan kyk ek op – en hoor nie net die einste skeltaal nie, maar staar in afsku na die vuilskrif orals teen die mure. Daar was toe nog nie koukies vir hierdie vloekdiktee nie. Net houtskool, vetkryt en glo dit of te nie – poefies met ’n vinger. Kru sketse rond die gru-ateljee af.

En daar lui die skoolklok!

Dit is nou 2021.

Wernhil staan vandag daar met genoeg ablusie wat goed ruik. Die Talstraat-virus is egter nog nie uitgeroei nie, dit muteer in elke selfoon. En Covid het ook bygekom.

Twitter en Facebook, saam met die mens se hart, is die nuwe teelaarde waar hierdie outydse afsku-tradisie daagliks nuwe momentum kry.

Agter in my Bybel by Openbaring 22:11 merk Johannes op: Wie vuil is, laat hom/haar nog vuiler word.

My vraag is: Is jy ’n leser of ’n meelewende skrywer van hierdie vullis?

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!