Oud-Bokslot het Bulle bo 'groter salaris' gekies
Superrugby
Cobus Claassen
Vra jy die Bulle-breier, Pote Human, waar sy grootste kommer lê voor vanjaar se 25ste weergawe van Superrugby, sal sy span se agttal sonder twyfel eerste ter sprake kom.
“Vir seker, daar gaan 'n hele paar spelers voorlangs wees wat min of nog glad nie in die kompetisie gespeel het nie.
“Superrugby is hard en genadeloos en dit sal 'n groot uitdaging wees,” sê Human.
Die Bulle het deur die hele pak ervare Springbokke verloor, maar dit is veral op slot waar die span baie dun is.
Drie Bokke is weg by die Bulle – Lood de Jager, RG Snyman en Jason Jenkins – terwyl die belowende Eli Snyman boonop ook oorsee is.
Ditto Jannes Kirsten en Hanro Liebenberg, wat soms op slot gesak het wanneer die nood gedruk het.
Die 34-jarige Juandré Kruger, wat in 2012 by die Bulle 'n Springbok geword het, is terug by Loftus Versfeld om dié massiewe leemte te help vul.
Daar sal van Kruger verwag word om leiding te neem en 'n mentor vir die Jong Turke te wees.
“Loftus is 'n spesiale plek en dit is 'n unie waarvoor ek baie respek het.
“Ek het oorsee saam en teen baie internasionale spelers gespeel en dit 'n voorreg om dit nou met die spelers hier te deel,” sê Kruger.
Hy weet wat Human en die Bulle van hom verwag.
“Coach Pote draai nie doekies om nie.
“Ek is in 'n posisie waar ek besluite moet neem in die lynstane en op die aanval en verdediging. Ek deel graag my ondervinding. Ons wil almal die beste hê vir die span.”
Kruger sê hoewel hy oorsee 'n groter salaris kon verdien het, was dit tyd vir 'n nuwe uitdaging.
“Dit gaan nie altyd net oor geld nie. Ek het vroeg besluit om oorsee te gaan, waar die meeste spelers dit eers later in hul loopbane doen.
“Die tyd daar was wonderlik en toe het ek die kans by die Bulle gekry.
“Ek beskou dit as 'n voorreg dat die Bulle weer in my belanggestel het.
“Loftus is 'n spesiale plek en dit is 'n unie waarvoor ek baie respek het.”
Hoewel daar nie veel van die Bulle verwag word nie, is Kruger optimisties.
“Hier is 'n groot groep talentvolle spelers en goeie afrigters. Daar is baie om mee te werk.”
Dit sal interessant wees om te sien hoe die Bulle se lostrio lyk wanneer hulle op 19 Januarie – Superheld-Sondag – teen die Leeus speel in die FNB-stadion.
Die verloopte Skot Josh Strauss, Tim Agaba en die jong Muller Uys wedywer om vanjaar vir Duane Vermeulen in die nr. 8-trui op te volg.
Strauss kan ook langs die kant van die skrum saam met Marco van Staden, Ruan Steenkamp en Jeandré Rudolph oorweeg word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie