Oud en jonk swaai die rakette

Tennis
Tielman van Lill
Kallie Heese van die KTS-tennisskool het onlangs die FurnTech-kompetisie by die ­Sentraal-­tennisklub in Olympia aangebied.

Heese sê die inisiatief was daarop gemik om oud en jonk 'n geleentheid te gee om vir 'n slag mededingende tennis te speel.

“Die toernooi het vir puik tennis gesorg. Kallie's-tennisskool (KTS) was verantwoordelik vir die byeenkoms met FurnTech Agency wat as borg met massiewe pryse ingespring het.

“Die inisiatief was geneem omrede seniors so min kans kry om in kompetisies te speel. Veterane het tans net twee toernooie per jaar, wat hulle beperk om hul ervaring te deel en meer aktief te wees. Ek en my span glo tennis moet vir oud en jonk toeganklik wees om groei en ontwikkeling te bewerkstellig.

“Die toernooi is deur me. Joyce Zussino gereël en die organisasie het seepglad verloop. Wedstryde het stiptelik om nege-uur afgeslaan. Die juniors, seniors en veterane het mekaar uit die staanspoor met mening getakel.

“Dit was 'n epiese stryd tussen ywer en ervaring. Die mansafdeling is in 'n uitklopformaat beslis, terwyl die vroue op 'n rondomtalliegrondslag mekaar gepak het. Dit was 'n spannende toernooi van die eerste kragmetings tot die eindstryde.

“Wenners en naaswenners was in hul skik met die pryse van Furntech. Die pryse het gereedskapkissies, baardmasjiene en hoekslypers vir die mans ingesluit. Die vroue kon op hul beurt nuwe springmieliemasjiene, hoëgehalte panne, mengers en ander items inpalm.

“Me. Mynie van Wyk van Furntech was uiters ingenome met die kompetisie en het gesê Furntech is trots om by tennis betrokke te wees,” het Heese vertel.

Mnr. Samson Kaulinge, president van die Namibiese Tennisvereniging, het Heese en sy span bedank. Die president het Heese aangemoedig om aan te hou om dié tipe kompetisies te reël.

Die uitslae:



VROUE

Veterane: 1 Juanita Moller en Christina Schulz.

A-afdeling: 1 Taimi Naishiku en Meagan Lombardt; 2 Leandre Louw en Joanivia Bezuidenhout.

B-afdeling: 1 Joyce Stals & Marybeth Gallagher.



MANS

A-afdeling: 1 Dantago Gawanab en Nguvi Hinda; 2 SP van Wyk en Kendal Swartz.

B-afdeling: 1 Lawrence Kahindi en Patrick Paulus; 2 Alan Janneker en Harold Cloete.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!