Oud-FBI-baas se Trump-prentjie

Pres. Donald Trump van Amerika is die teiken van 'n “vertel-alles” boek wat die voormalige direkteur van die FBI, James Comey, oor sy tyd in diens van die Trump-administrasie geskryf het.
James Comey, voormalige direkteur van die Amerikaanse federale speurdiens (FBI), se nuwe boek gee 'n merkwaardige kykie oor sy verhouding met pres. Donald Trump. Die boek, A Higher Loyalty: Truth, Lies and Leader­ship, is van gister af op Amerikaanse winkelrakke beskikbaar.

CNN berig dat hulle 'n kopie van die boek bekom het en in nuusberigte Comey se vertelling kan bevestig oor sy tyd in die Trump-administrasie.

Comey beskryf in die boek Trump se “mob”-agtige benadering tot leierskap wat lojaliteit eis.

Hy kap ook na Trump se benadering wat die “bosbrand begin het wat nou die Trump-presidentskap is”. Comey sê ook dat Trump onbevoeg is om te lei en dryf die spot met sy voorkoms.

“Die president is oneties en glad nie verbind tot die waarheid en institusionele waardes nie,” skryf Comey.

Hy skryf verder: “Sy leierskap is ­transaksioneel, ego-gedrewe en gaan net oor persoonlike lojaliteit.”

Trump het Comey in Mei verlede jaar as FBI-hoof afgedank.

Nuus het toe uitgelek dat Comey notas oor sy gesprekke met Trump gehou het. Hy het ook beweer dat Trump hom gevra het om die ondersoek na Michael Flynn, voormalige nasionale veiligheids­raadgewer, te laat vaar.

Sky News berig dat Trump dit luidens Comey se boek oorweeg het om die FBI te vra om beweringe dat hy by ­prostitute betrokke was, te ondersoek. Dit moes sy vrou, Melania, die versekering gee dat die beweringe onwaar is.

Comey verwys in sy boek na die beweringe dat Rusland bewyse het dat Trump sekswerkers in 2013 betaal het om op 'n bed in 'n hotel in Moskou te urineer. Hy het geglo dat Barack Obama in die bed geslaap het.

Trump het die beweringe wat vervat is in 'n onbevestigde dossier wat deur die gewese Britse spioen Christopher Steele saamgestel is, heftig ontken.

Volgens Comey het Trump aan hom gesê dat hy 'n fobie oor kieme het.

“Daar is geen manier dat ek mense sal toelaat om op mekaar te urineer as ek in die nabyheid is nie. Geen manier nie,” sou Trump glo gesê het. - Netwerk24/Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!