Oud-Namibiër oorlede
Mnr. Jan Willem Kleynhans, ‘n oudinwoner van Windhoek, is verlede Dinsdag in die ouderdom van 88 jaar in die Kaap oorlede. In 1956 het Kleynhans hom as vennoot by mnr. A. Neuhaus aangesluit en gesamentlik die ouditeursfirma Neuhaus & Kie bedryf, wat later Grant Thornton Neuhaus geword het. Deur middel van sy beroep het Kleynhans die hele land bedien. Afgesien van sy groot liefde vir Namibië en sy mense het hy ook ‘n groot passie vir tennis gehad en tot op ‘n hoë ouderdom aan dié sport deelgeneem.
In 1988 het hy na die Strand-area in die Kaap verhuis. Daar het hy sy ouditeurswerk voortgesit, eers in die kantore van A. Neuhaus & Kie en daarna in die praktyk van Chris Liebenberg. Sy vrou, Renie, is verlede jaar oorlede. Kleynhans laat ‘n dogter en seun en hul gesinne agter.
“Ons groet op die wyse, met waardering vir die jare van samewerking, ons ou kollega wat diep spore in die land gelaat het,” lui ’n verklaring wat deur Grant Thornton Neuhaus uitgereik is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie