Oud-Namibiu00ebr skitter op mediese gebied
Oud-Namibiu00ebr skitter op mediese gebied

Oud-Namibiër skitter op mediese gebied

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – ’n Oud-Namibiër wat op Lüderitz gebore is, is onlangs as hoof van die departement van gastroënterologie by die Tygerbergse Hospitaal en die Universiteit Stellenbosch (US) aangestel.

Dr. Ernst Fredericks se take sluit in die dag-tot-dag-bestuur van die eenheid, kliniese dienslewering wat daaglikse pasiëntesorg insluit, opleiding en toesig van gastroënteroloë, gekwalifiseerde spesialiste wat in gastroënterologie wil spesialiseer, asook die navorsing van algemene en minder algemene siektes in sy studieveld.

Fredericks is op Lüderitz gebore waar hy ook sy laerskoolloopbaan begin het. Hy het sy hoërskoolloopbaan by Hoërskool Dr. Lemmer op Rehoboth voltooi, waarna hy aan die Universiteit van die Wes-Kaap as student inskryf en sy BSc-graad hier voltooi. Hierna volg sy honneurs in mediese biochemie aan die US. Volgende aan die beurt was sy MbCHB-graad aan dieselfde universiteit wat hy in 1989 behaal.

Volgens Fredericks het hy sy internskap in Windhoek by die twee staatshospitale in die hoofstad voltooi, waarna hy as dokter vir die volgende paar jaar in Khomasdal gepraktiseer het.

In 1997 keer hy na Kaapstad terug waar hy by die Universiteit van Kaapstad en die Groote Schuur-hospitaal spesialisopleiding in algemene medisyne (algemene praktisyn) voltooi. Die volgende twee jaar het hy as gastroënteroloog gekwalifiseer.

Volgens Fredericks het hy daarna ’n private praktyk in Port Elizabeth geopen, maar hoewel hy nou voltyds by die praktyk betrokke was, was die gehunker na akademiese stimulasie steeds daar. Hy het by die Nelson Mandela-universiteit ingeskryf waar hy sy PhD verwerf het. Sy tesis het op molekulêre seine vir kolonkanker gefokus.

Verskeie publikasies en navorsing het hierop gevolg. In September vanjaar het sy aanstelling as departementshoof gekom, ’n pos wat hy sedert begin Desember beklee.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!