Oud-Namibiër wen appèl teen EG-president

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die tweede visepresident van Ekwatoriaal-Guinee (EG) vir veiligheid en sekuriteit en politieke hoof in beheer van die land se gewapende magte, polisie, tronke en aanhoudingsgeriewe het sy appèl in die Wes-Kaapse hooggeregshof teen ’n beslagleggingsbevel ten gunste van ’n oud-Namibiër verloor.

Mnr. Daniel Janse van Rensburg het ’n skadevergoedingseis van N$75 miljoen teen Theodorin Nguema Obiang ingedien, nadat hy vir 423 dae in die berugte Black Beach-tronk in Malabo in EG aangehou is.

Dit ná ’n transaksie met Obiang rondom die aankoop van ’n vliegtuig skeefgeloop het.

Janse van Rensburg is van 18 Desember 2013 tot 28 Februarie 2014 in die berugte tronk aangehou. Hy is vir ’n tweede keer van 4 Julie tot 26 Augustus hier aangehou. In 2014 is hy tussen 28 Februarie en 4 Julie in haglike omstandighede op ’n eiendom in Malabo aangehou waar hy voortdurend dopgehou is.

Hy is in Augustus 2015 uiteindelik vrygelaat. Sy aanhouding het gevolg nadat ’n regter opdrag gegee het dat hy vry was om die land te verlaat. Hy is aangehou sonder dat enige klagte teen hom ingedien is, of dat hy verhoor of gevonnis is.

Die uitspraak volg byna vier jaar nadat ’n beslagleggingsbevel op Obiang se bates in Suid-Afrika uitgereik is. Die bevel sluit ’n spoghuis in Clifton in wat Obiang in 2004 vir N$23,5 miljoen gekoop het. Nog ’n eiendom is in Bishop’s Court wat Obiang vir N$26 miljoen gekoop het.

“Ons is verlig dat dit ook tot ’n einde kon kom en dat ons regstelsel werk. Obiang se eie mense in die EG het nie daardie voorreg nie,” het Van Rensburg gesê.

Die oorwinning is nie net vir hom en sy gesin nie, het hy gesê, maar ook vir sy vriende in die EG wat dit nooit in hul eie land sal kan doen nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!