Oud Rössing-werkers soek ware bedrag
Catherine Sasman - Voormalige lede van die Rössing Pensioenfonds wat ingevolge ’n uitspraak van die hoërhof in aanmerking kom vir die herverdeling van die pensioen surpluskapitaal, bevraagteken of die pensioenfonds slegs die geskatte N$450 moet uitbetaal.
“Dit is ’n geskiedkundige bedrag,” het mnr. Engelhardt Unaeb, ’n lid van die Rössing Voormalige Mynwerkersvereniging, gister gesê. “Ons gaan ’n eksterne aktuaris kry wat die korrekte waarde van die surpluskapitaal van die pensioenfonds se onstaan tot nou kan vasstel.”
Die groep oudmynwerkers het verlede Vrydag gesê die geveg om die uitbetaling van die surpluskapitaal was ’n opdraande stryd.
Volgens mnr. Windston Groenewald het ’n trustee van die Rössing Eksterne Pensioenfonds jare gelede gesê voormalige lede van die pensioenfonds het geen reg op dié geld nie.
Die Rössing-bestuur en die Mynwerkersunie (MUN) het later ooreengekom dat 15% van die surpluskapitaal aan voormalige werkers uitbetaal moet word, 42,5% sou na die maatskappy gaan en 42,5% sou aan bestaande werkers uitbetaal word.
Die trustees van die pensioenfonds was egter teen hierdie uitbetalingsformule gekant, en het later besluit dat die kapitaal eweredig onder die drie partye uitbetaal moes word.
Groenewald het gesê toe MUN nie met hierdie besluit saamstem nie, het die direksie van Rössing besluit om ’n komitee saam te stel wat aanbevelings moes maak.
Groenewald het bygevoeg dat die voormalige werkers geen insae gehad het in wie op die komitee aangestel was nie, en sê die komitee se uiteindelike verslag het geen grondige argumente bevat vir die gevolgtrekkinge wat gemaak is nie.
Hy het ook gesê volgens notules van ’n vergadering van die trustees van die pensioenfonds moes oudwerkers gekonsulteer word oor herverdeling van die surpluskapitaal.
Die groep voormalige mynwerkers bevraagteken ook waarom werkers wat tussen 1993 en 2002 geen bydrae tot die pensioenfonds gemaak het nie, in aanmerking kom vir die uitbetaling van die surpluskapitaal.
Hulle bevraagteken ook waarom die familie van gestorwe oudwerkers nie in ag geneem word nie.
“Dit is ’n ongelukkige toedrag van sake, veral met inagneming dat hierdie lede geen voordeel geniet het uit die pensioenfonds waartoe hy of sy in goeder trou bygedra het met die bedoeling dat dit aan hul agtergeblewenes oorgedra moet word,” het Groenewald gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie