Oud-Windhoeker in Fiela
Lloyd Zandberg - Die oud-Windhoeker Drikus Volschenk, wat veral bekendheid vir sy rol as Coen in kykNET se Binnelanders verwerf het, vertolk ook die rol van Elias van Rooyen in vanjaar se weergawe van Fiela se Kind.
Kollig het Drikus oor sy lewe, grootwordjare en Elias uitgevra.
Drikus is in Durban, KwaZulu-Natal, gebore. Hy beskryf sy gesin as “akademies” en sê hy’t die eerste jare van sy lewe in Natal deurgebring.
Toe hy twee jaar oud was, het hulle na Namibië getrek, waar hy in ’n Duitse kleuterskool in die hoofstad beland het en later in ’n Afrikaanse laerskool.
Op 11-jarige ouderdom is hulle terug na Potchefstroom, in Suid-Afrika, waar Drikus sy hoërskoolloopbaan voltooi het en in akademie, leierskap, kuns en kultuur, musiek en sport uitgeblink het.
“Ek was nog altyd effens skaam. Ironies genoeg is ek uitspattig rondom die mense wat ek goed ken. Ek het as kind alles probeer – veral tydens my skooljare. Ek was baie besig en het myself baie deur verskeidenheid verryk.”
Drikus het sakekommunikasie aan die Universiteit van Potchefstroom gestudeer met kunsgeskiedenis, grafiese ontwerp, skeppende skryfwerk en toerisme as vakke.
Daarná het hy ‘n honneursgraad in oudiovisuele, sake- en nuwe media-kommunikasie voltooi. Hy’t 13 onderskeidings behaal en is as topstudent in kommunikasiestudies bekroon.
Hierna is hy Londen toe om sy musiek- en dramastudies aan die Guildford School of Acting voort te sit.
“Ek was in ‘n stadium ’n sekuriteitswag en later laerskoolonderwyser en private onderwyser vir sigeunerkinders op die platteland en vir kinders met spesiale behoeftes.”
In 2005 het Drikus se professionele loopbaan as vryskutakteur afgeskop.
Sedertdien is hy in onder meer Isidingo, Amalia, Binnelanders, Dit wat Stom is, Villa Rosa, Generations, The Lab, Jozi-H, Hard Copy, Scandal, Erfsondes, Egoli en 7de Laan gesien.
“Ek het van die begin af besluit om op sekere tipe projekte te fokus. Dit beteken ek het nie altyd voltyds werk nie, so ek hou daarvan om klas te gee of te mentor as ek nie met flieks besig is nie. Ek het agt jaar lank screen acting by AFDA gedoseer en tans doen ek musiek en drama met kleintjies by Charterhouse in Johannesburg.”
Drikus sê danksy verskeie traumatiese ervarings is hy ‘n sterker, vollediger mens.
“Ek dink ons almal het al seker ’n tipe trauma beleef. Ek dink nie ek is al heeltemal gereed om daaroor te praat nie, maar ‘n belangrike les wat ek al geleer het, is dat mens van jou spirit af moet operate en nie van jou mind af nie. Mens se kop soek altyd bewyse en is nie eintlik ‘n betroubare vriend nie, maar die gees of spirit is ‘n kosbare bondgenoot.”
Deur die jare het Drikus baie getoer, dinge ervaar en belangrike besluite geneem, en van sy grootwordjare het hy goeie herinnerge.
“Ek mis dit baie om in Namibië te woon,” sê hy.
FIELA SE KINDERS
Oor Fiela se Kind sê Drikus die publiek moet in ag neem dis ‘n nuwe fliek.
“Dis baie anders as die vorige een, maar steeds dieselfde storie. Dit was vir my ’n ongelooflike voorreg en een van die lekkerste ervarings van my loopbaan. Maklike mense. Wonderlike regisseur. En dan kon ons nog boonop ‘n paar keer ná ‘n harde dag of week op die strand gaan loop het.”
Die produksie het oor ‘n tydperk van vyf weke gestrek en was geweldig veeleisend, sê hy.
Die tema van Fiela se Kind is vandag ook van toepassing, sê hy.
“Ek glo in die tema. Dis vandag nogal aktueel.”
Drikus het teenoor ons eie Zenobia Kloopers gespeel.
“Ons het van die begin af ‘n baie goeie verhouding gehad. Dit was so lekker! En werklik ‘n voorreg.”
Hy raai mense aan om die fliek te gaan kyk.
“Dit is interessant om te sien wat ander mense 30 jaar later met dieselfde storie doen.”
Een van die snaaksste herinneringe tydens die verfilming is toe Drikus sy baard vir die rol van Elias van Rooyen moes groei en hy eendag per abuis by ’n winkelsetrum in Linden ‘n vreemde ervaring gehad het.
“Ek het op ’n dag na my kar gestap, toe dink ‘n tannie ek is die karwag en gee my R2 met ‘n vriendelike ‘dankie vir die oppas’ daarby.”
Ná die verfliming van Fiela is Drikus se lewe ietwat rustiger, sê hy.
“Ek fokus nou op die volgende deel van my lewe, maar meer op wat ek daarmee wil doen.”
Fiela se Kind draai tans by flieks landswyd.
Besoek mydorpie.com.na vir tye en datums.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie