Oudaanklaer se appèl misluk
'n Appèl teen sy mislukte borgtogaansoek van 'n staatsaanklaer wat van korrupsie en swendelary beskuldig word, is gister in die Windhoek-hoërhof van die hand gewys.
Jacqueline Louw - Mnr. Ivan Tjizu, 'n voormalige staatsaanklaer wat na bewering in 'n getuiefooie-bedrogskema betrokke was, het gister in die Windhoek-hoërhof gehoor dat sy appèl teen die weiering van 'n borgtogaansoek in Desember verlede jaar misluk het.
Regter Christie Liebenberg het in sy uitspraak genoem dat die Windhoek-streekhof Tjizu se borgtogaansoek geweier het omdat ondersoeke na die saak in daardie stadium nog gedoen is en daar bewys was dat die beskuldigde 'n verdagte en moontlike staatsgetuie probeer beïnvloed het. As gevolg van hierdie getuienis dat Tjizu met die ondersoek ingemeng het, bestaan daar 'n werklike moontlikheid dat hy sou voortgaan met sy belemmering, het die regter gesê.
Tjizu is op 1 Desember deur die Teenkorrupsie Kommissie in hegtenis geneem op klagte gebaseer op aantygings dat hy 'n skema georkestreer het waarin hy betaling aan getuies magtig wat veronderstel was om te getuig in sake wat hy hanteer het. Na bewering het hy valslik verklaar dat hulle van plekke buite Windhoek gereis het en geregtig was op vergoeding vir hul reisuitgawes.
Hy het glo 'n gedeelte van die getuiegeld ontvang nadat dit uitbetaal is aan die persone wat hul as getuies voorgedoen het.
Tjizu, wat sy eie verdediging tydens die appèlaansoek behartig het, het aan die hof gesê daar is geen getuienis tydens die borgtogaansoek gelewer dat hy moontlik met getuies sal inmeng nie. “Die feit dat ek sommige van die getuies ken, beteken nie outomaties dat ek sal inmeng nie,” het hy betoog.
Die beskuldigde het verder gesê geen dossiere met betrekking tot sy saak is vermis nie; die dossiere is volgens hom net nie deur die aanklaer aangevra nie.
In die appèlaansoek het Tjizu sy posisie vergelyk met ander sake waarin aanklaers van misdrywe beskuldig word en wel borgtog gekry het en tot die slotsom gekom daar word teen hom gediskrimineer.
Volgens Liebenberg het die ondersoek na Tjizu aanvanklik by die Windhoek-landdroshof begin. Terwyl Tjizu op studieverlof was, het 'n senior beampte by die hof 'n interne ondersoek na 32 polisiedossiere van stapel gestuur waarin 'n sekere mnr. Mutjinazo van Opuwo getuiefooie in verskeie sake geëis het. Die dossiere is daarna aan die polisie oorhandig vir ondersoek.
Liebenberg ook genoem dat indien borgtog aan Tjizu toegestaan word, selfs met sekere borgtogvoorwaardes soos dat hy nie met getuies mag inmeng nie, dit onmoontlik sou wees om sy aktiwiteite te kontroleer. Hy het verder gesê dat Tjizu se afhanklikes nie finansieel benadeel sal word indien hy in aanhouding bly nie, aangesien hy nog steeds sy salaris ontvang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie