Oudbankbaas in Foschini-groep se direksie
Oudbankbaas in Foschini-groep se direksie

Oudbankbaas in Foschini-groep se direksie

Colin Coleman het 25 jaar se ondervinding in die internasionale bankbedryf.
Nellie Brand-Jonker – The Foschini Group het Colin Coleman as ’n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur aangestel. Dit word op 22 Januarie van krag. Coleman was tot verlede jaar uitvoerende hoof van die internasionale bankgroep Goldman Sachs in Afrika suid van die Sahara.

Daily Maverick het in November berig oor gerugte dat pres. Cyril Ramaphosa hom ’n kabinetspos gaan aanbied.

Hy het 25 jaar ondervinding in die internasionale bankbedryf, waarvan hy 20 jaar by Goldman Sachs as hoof van die Suid-Afrikaanse kantoor deurgebring het.

Hy is in 2010 as vennoot van dié bankgroep aangestel.

Hy het voorheen ook vir Standard Bank en JP Morgan gewerk.

CNBC Africa het berig dat hy Goldman Sachs verlaat het om ’n dosent aan die Yale-universiteit se nuwe Jackson Institute for Global Affairs te word.

Vanweë sy betrokkenheid by pogings om beleggings na Suid-Afrika te lok het Coleman die afgelope jaar wyer bekend in die sakebedryf geraak.

Hy het in November aan Bruce Whitfield op 702 se The Money Show gesê hy gaan net ’n jaar lank klasgee.

Hy het gesê hy gaan Suid-Afrika nie verlaat nie, want hy het gesinsverpligtinge hier.

Hy het ook gesê dat hy eersdaags aankondigings oor sy betrokkenheid by die openbare en die private sektore sou kon maak. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer