Oudhede vol versteekte beloftes

Yandi Du Plessis
Vintage Market Namibia bied die komende naweek hulle eerste oudhedemark aan. Die geleentheid is begin om 'n verskeidenheid antieke artikels te koop, verkoop en ten toon te stel.

Die doel is om kleinsakeondernemings by te staan.

Die geleentheid word by die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se hotelskool gehou.

Die oudhedemark beloof om diverse groepe uit verskillende agtergronde te lok.

Agter elke antieke item is 'n onvertelde verhaal, en dit is dié stories wat die organiseerders wil help vertel.

Items wissel van juweliersware tot motors, dekor, kledingstukke, skoene, sigare en vele meer.

Besoekers sal ook met musiekoptredes getrakteer word, insluitend deur die saksofoonspeler Suzy Eises.

Wyn-, brandewyn- en ginproesessies is 'n bykomende trekpleister. Nie-alkoholiese jenewers sal ook beskikbaar wees.

Dié met 'n liefde vir ou motors wat graag 'n vintage-ryding (of soos die tweetalige woordeboek sê, noagkarre) by hul versameling wil voeg, kan aan die motorveiling deelneem.

Vyftig pensioenarisse van ver­skillende ouetehuise in Windhoek sal bederf word met 'n luukse high tea met watertand-peuselhappies.

Vir ouers wat 'n blaaskans wil hê terwyl hulle deur die mark stap, is daar 'n veilige kinderarea.

Markgangers word aangeraai om volgens die tema aan te trek, dus is dit die perfekte geleentheid om jou platformskoene, wyepyp­jeans en die baadjie met die skouerkussings agterin die kas te gaan uitkrap.

Toegang beloop N$50. Vir meer inligting, kontak vintagemarketnam.com of 081 640 0769.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!