Ouditeur-generaal berispe munisipaliteite
Net Swakopmund spog met gesonde geldsake
Augetto Graig - Die ouditeur-generaal, mnr. Junias Kandjeke, het senior amptenare van plaaslike owerhede vandeesweek voor stok gekry oor voortslepende kwessies wat van die láát indien van finansiële resultate tot agterstallige skuld wissel.
“Die resultate van finansiële verslae van die meerderheid munisipaliteite in die land is nie goed nie,” het Kandjeke Maandag tydens die opening van ’n weeklange slypskool in Windhoek gesê.
“Die redes vir slegte (gekwalifiseerde) ouditmenings bly altyd dieselfde. Toe ek die plaaslike owerhede inlig dat hulle van die koste van oudits vrygestel is, het ek gesê die geld wat só gespaar word, moet vir opleiding en kapasiteitsbou gebruik word. Net een munisipaliteit het sy kapasiteit verbeter, waarna sy finansiële bestuur goed is en dit ’n skoon (ongekwalifiseerde) ouditmening ontvang het,” sê hy. Net Swakopmund kan die afgelope jare met ’n ongekwalifiseerde ouditmening spog.
Kandjeke sê die láát inhandiging van finansiële state bly ’n probleem. “Dit is ’n oortreding van die wet,” het hy opnuut beaam.
“Die aansoeke om verlenging word net meer, maar die redes bly altyd dieselfde, byvoorbeeld ’n tekort aan kapasiteit of ’n konsultant wat aan die stelsel werk.” Dit is ’n aanduiding dat munisipaliteite nie hul kapasiteit versterk nie, sê hy.
Volgens Kandjeke kan baie van die probleme wat munisipaliteite ervaar, opgelos word deur tydige boekhouding, ’n bateregister wat op datum is, die monitering van bankrekeninge en ’n goeie bergingstelsel vir dokumente.
“Kwessies wat in die ouditverslag geïdentifiseer word, móét opgevolg word,” volgens Kandjeke. Hy het daarop gewys dat ’n ouditmening nie van die ouditeur-generaal afhang nie, maar deur die bestuur van ’n onderneming bepaal word. “As munisipaliteite skoon menings wil hê, moet hulle die probleme oplos wat as redes vir die nergatiewe ouditmening gegee word.”
Een van diegrootste kwessies is geld wat munisipaliteite in die land aan die regering skuld. “Iets moet hieraan gedoen word,” sê Kandjeke.
“By dié slypskool wil ek hoor watter maatreëls munisipaliteite gaan tref om te verseker uitstaande skuld word aan die regering betaal.
Ek wil ook weet waarom belasting wat van werkers afgetrek word, nie aan die ontvanger van inkomste oorbetaal word nie en waarom belastingopgawes nie betyds voltooi of ingehandig word nie,” het hy gesê.
Uitvoerende hoofde van munisipaliteite, asook hul rekenpligtige beamptes en senior amptenare word tydens die slypskool opgelei. Dit is kommerwekkend dat die bestuur van sekere plaaslike owerhede glad nie die geleentheid bygewoon het nie, het Kandjeke gesê.
Omaruru, Keetmanshoop, Hentiesbaai, Tsumeb, Gobabis, Walvisbaai, Grootfontein, Mariental, Okahandja, Swakopmund, Outjo en Windhoek is teenwoordig. Verteenwoordigers van die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling, die Vereniging van Plaaslike Owerhede in Namibië (ALAN) en die parlementêre vaste komitee op staatsrekeninge woon ook die slypskool by.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie