Oudits: SA val van 1ste na 30ste
Oudits: SA val van 1ste na 30ste

Oudits: SA val van 1ste na 30ste

Die gehalte van Suid-Afrika se ouditstandaarde het van die eerste plek op die Wêreld Ekonomiese Forum se ranglys in 2016 na die 30ste plek geval ná die beweringe van onetiese praktyke by KPMG, een van die vier grootste oudit­firmas in die land.

Bernard Agulhas, die uitvoerende hoof van die ouditeurswaghond Irba, sê hulle is teleurgesteld, maar het dit verwag. “Dit is besonder bevredigend dat burgers en aandeelhouers nou ook reageer op korrupsie en ander onreëlmatige praktyke en dat ­bewustheid en aandeelhouer­aktivisme die laaste paar maande verskerp het.”

137 lande se mededingendheid is in 12 kategorieë gemeet en 'n punt uit sewe is telkens toegeken. Suid-­Afrika het algeheel 14 plekke afgeskuif en is nou in die 61ste plek.

Dit word onder meer aan die swak ekonomiese groeikoers (1% vanjaar en 'n verwagte 1,2% volgende jaar, volgens die verslag) en hoë werkloosheidskoers toegeskryf. Verder is sake­vertroue geknou deur die politieke onsekerheid.

Dit is ook kommerwekkend dat Suid-Afrika veld verloor het in die kategorieë vir instellings (76 teenoor 40 verlede jaar), finansiële markte (44 teenoor 11) en doeltreffendheid van markte (54 teenoor 28), lui die verslag.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!