Oudjoernalis Sarry groet
Oudjoernalis Sarry groet

Oudjoernalis Sarry groet

Maria Eiseb
Oudjoernalis en Swapo-vryheidsvegter, me. Sarry Xoagus-Eises (61), moes verlede naweek tydens die Damara-kultuurfees op Okombahe onverwags besoek aan die Usakos-hospitaal bring.

Sy het Maandag in dié hospitaal gesterf.

Eises, Namibië se direkteur by Gender Links, ’n organisasie wat hulself vir geslagsgelykheid beywer, was ’n yster in dié stryd en het heelwat tyd aan veldtogte rondom die kwessie afgestaan.

"Die Gender Links-familie is geskok,” het me. Emily Brown, voorsitter van Gender Links en kommunikasie-departementshoof aan die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), gesê.

“Eises was sinoniem met geslagskwessies en plaaslike regering in die media. Dit sal moeilik wees om ons werk hier sonder haar voort te sit,” het Brown gesê.

Mnr. Telwin !Owoseb, ’n boesemvriend van Eises, het gesê sy vriendin se dood het die hele land geruk.

Sy was ’n vegter vir menseregte en sosiale geregtigheid vir vroue, het hy bygevoeg.

“Ek sal haar baie mis,” het hy gesê.

“Sarry was trots daarop dat Swapo die 50/50-beleid wat geslag betref in die parlement aanvaar het,” het !Owoseb gesê.

"Sy was ons staatmaker," het me. Colleen Lowe Morna, Gender Links se uitvoerende hoof, gesê.

"Dit sal moeilik wees om ’n meer lojale, meer hardwerkende, meer toegewyde soldaat as Sarry te vind.”

Volgens Lowe Morna het Eises Namibië en Suider-Afrika deurkruis in haar veldtog vir vroueregte en het sy haar sending altyd met ywer en humor aangepak.

“Sy's ’n stem wat nie geïgnoreer moet word nie,” het Lowe Morna gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!