Oudlanddros vasgetrek
'n Oudlanddros en voormalige Namibiese rugbyspeler is Saterdagoggend by Tses in hegtenis geneem en verskyn vandag in die hof.
Die bekende oudlanddros en voormalige Namibiese rugbyspeler, mnr. Walter (Rooies) Mostert, is Saterdag omstreeks 10:00 by Tses in hegtenis geneem.
Hy was volgens beskikbare inligting onderweg na Gobabis.
Mostert word as 'n voortvlugtende beskou en was die afgelope bykans drie jaar in Suid-Afrika. Hy het verskeie kere aan Republikein gesê hy sal na Namibië terugkeer om sy onskuld te bewys. Namibië het 'n aansoek om uitlewering aan Suid-Afrika gebring.
Mostert staar klagte van bedrog, diefstal, korrupsie, afpersing, regsverydeling en die oortreding van die immigrasiewet in die gesig. Van die klagte behels 'n eiendomstransaksie waarin hy glo iemand om die bos gelei het, asook die vervalsing van immigrasiedokumente.
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) was op Mostert se spoor en het ook Interpol se hulp ingeroep om hom vas te trek.
Die N$1,5 miljoen-eiendomstransaksie in 2015 was vir 'n ontwikkeling op 3,6575 hektaar op Gobabis waarin mnr. Hendrik Schreuder belê het.
Bewerings teen hom sluit in dat Mostert die grond weer aan ander kopers verkoop het, en dat hy verskeie beweerde bedrieglike eiendomstransaksies aangegaan en verblyfpermitte onwettig uitgereik het.
Vier amptenare van binnelandse sake is ook in die ACC se ondersoek betrek.
Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, het die arrestasie bevestig.
Sy sê die oudlanddros is sedert 2017 'n voortvlugtende wat vermoedelik in Suid-Afrika geskuil het, en na bewering op 30 April Namibië binnegesluip het.
“Betroubare en wetsgehoorsame bronne het die polisie gewaarsku wat tot sy inhegtenisneming Saterdagoggend net 'n paar kilometer van Tses, op pad vanaf Keetmanshoop, gelei het,” sê sy.
Mostert het blykbaar Vrydagnag by 'n gastehuis op Keetmanshoop oorgeslaap. Dit is hier waar iemand hom gewaar en die polisie en ACC in kennis gestel het.
'n Padblokkade is by Tses opgerig waar hy vasgetrek is.
Die vermoede is dat Mostert by sy ma, wat in 'n ouetehuis op Gobabis woon, besoek wou gaan aflê.
Volgens Shikwambi sal Mostert vandag in die Windhoekse landdroshof verskyn. Hy word by die Seeis-selle aangehou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie