Oudminister van Malawi aangekla
Oudminister van Malawi aangekla

Oudminister van Malawi aangekla

In die jongste korrupsieskandaal in Malawi word 'n voormalige landbouminister voor die hof gedaag.
NAMPA
Malawi se voormalige minister van landbou is Woensdag in hegtenis geneem en van bedrog aangekla.
Dit omdat hy glo geld verdien het uit ‘n US$35 miljoen-ooreenkoms met Zambië om mielies in te voer.
George Chaponda betwis die bewerings sedert die omstrede aankoop van 100 000 ton mielies in Julie 2016 bekend geword het.
Malawi se Teenkorrupsie Buro se woordvoerder, Egrita Ndala, sê Chaponda is aangekla van die misbruik van ‘n openbare amp en die besit van buitelandse valuta.
Hy is in Februarie afgedank nadat die polisie tydens ‘n klopjag US$223 000 in sy huis gevind het.
Chaponda is aanvanklik beskou as ‘n sterk bondgenoot en moontlike opvolger van pres. Peter Mutharika.
Malawi was verlede jaar genoodsaak om kos in te voer nadat ‘n streekwye droogte Suider-Afrika se landbouproduksie lamgelê het.
Die verarmde land het na bewering die mielies teen 'n uiters oordrewe prys gekoop, al het Chaponda destyd aangevoer dat die ooreenkoms ‘n kritieke poging was “om Malawi van hongersnood te red.”
Druk van parlementslede het Mutharika in Januarie genoop om ‘n ondersoek na die aankoopooreenkoms te gelas.
Korrupsie kom wyd in Malawi se staatsdiens voor. In 2013 is verskeie hoë amptenare in die sogenaamde "Cashgate"-skandaal geïmpliseer wat ‘n grootskaalse plundering van die staatskas aan die lig gebring het.
Internasionale skenkers het die geldkrane vir bystand van ongeveer US$150 miljoen toegedraai nadat ouditeurs gesê het minstens US$30 miljoen is in ses maande uit die staatskas gesteel. - Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!