Oudonderwyser sit steeds
’n Bejaarde voormalige Rehoboth-leerkrag sal waarskynlik sy tweede naweek in polisieaanhouding op dié Hardap-dorpie deurbring.
Denver Kisting - Die 69-jarige man, wat sedert verlede naweek op Rehoboth in polisieaanhouding is weens beweerde verkragting, se formele aansoek om borgtog het nie gister, soos verwag, begin nie.
Sy prokureur, mnr. Christopher Stanley, het gistermiddag by navraag gesê die staat het teen ’n onderneming besluit om die aansoek te behartig deur stukke by die Rehoboth-landdroshof te liasseer.
Die verdediging het reeds Woensdagmiddag hul stukke ingedien. Die verwagting was dat die staat gister sou reageer.
Die partye het op dié dag vir me. Kandiwapa Nangombe, die landdros, ingelig hulle sal die proses só probeer bespoedig.
Stanley sê die staat het sedertdien besluit om eerder getuienis te lei in hulle poging om borgtog teen te staan.
Die man word daarvan beskuldig dat hy sy agtjarige dogtertjie seksueel aangerand het.
Dié meisie is vanjaar in gr.3 by ’n laerskool op die dorp.
Die verrigtinge is gistermiddag tot Maandag verdaag.
Stanley sê dit gaan nie goed met sy bejaarde kliënt se gesondheid nie. Die man moes reeds twee keer sedert sy inhegtenisneming mediese behandeling ontvang.
Die oudonderwyser het Woensdagoggend aan Republikein gesê hy ly aan diabetes en hoë bloeddruk.
Twee soortgelyke klagte, wat in 2017 teen hom aanhangig gemaak is, is intussen laat vaar.
Die inhegtenisneming van die veteraannetbalafrigter en kranige voormalige sokkerspeler het skokgolwe deur die Rehoboth-gemeenskap gestuur.
Republikein verneem die staat se sleutelgetuie, wat vroeër vandeesweek ’n beëdigde verklaring afgelê het, het gister ’n tweede verklaring afgelê.
Die staat word deur me. Hillia Munzenze verteenwoordig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie