Oudonnie weer in Maart voor hof
Oudonnie weer in Maart voor hof

Oudonnie weer in Maart voor hof

Denver Kisting
Denver Kisting – Tydens ’n bondige verskyning in die Rehoboth-landdroshof Maandag het ’n 69-jarige, wat daarvan beskuldig word dat hy sy agtjarige dogter verkrag het, gehoor hy moet weer op 10 Maart in dié hof verskyn.

Hy is verlede week op borgtog van N$5 000 vrygelaat.

Landdros Desmond Beukes het die saak tot aanstaande maand vir verdere polisieondersoek uitgestel. Die oudonderwyser se borgtog is tot dan verleng.

Dít kom nadat hy etlike weke gelede op die Hardapdorp aangekeer is.

Me. Kandiwapa Nangombe, ’n ander landdros, het hom verlede Maandag op borgtog vrygelaat onderworpe aan voorwaardes.

Sy het gelas hy mag nie met enige staatsgetuies kontak hê nie.

Daarnaas moes hy ook al sy reisdokumente indien, het mnr. Christopher Stanley, sy regsverteenwoordiger, vroeër bevestig.

Omdat die man se vermeende slagoffer saam met sy vrou in hul huis in Blok B woon, moes hy ook ’n ander tuiste vind, het Stanley gesê.

Die geliefde oudonderwyser se inhegtenisneming verlede maand het die klein gemeenskap in die Hardapdorpie geskud.

Hoewel talle veral in die sosiale media teen hom uitvaar, tree baie ook vir hom in die bresse.

Sy aanvullende wiskundeklasse, wat hy tuis aangebied het, was baie gewild.

Maar, sê Stanley, die man se reputasie het ’n erge knou gekry weens die bewerings wat hom in die gesig staar.

Die vermeende slagoffer is sy en sy tweede vrou se enigste kind saam. Albei het ouer kinders.

Sy identiteit word weerhou om dié van sy dogter te beskerm.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!