Oudpolisieman kry 32 jaar vir moord
Die Gobabisser wat verlede maand in Windhoek se hoërhof skuld erken het op die moord op sy vrou, is op 17 Maart gevonnis.
Jacqueline Louw - In haar uitspraak Vrydag in Windhoek se hoërhof het regter Dinnah Usiku gesê die grusame manier waarop Willem Saul (40) sy vrou vermoor het, weeg veel swaarder in die oorweging van sy vonnis as sy relatiewe jong ouderdom.
Sy het hom daarna tot 32 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Dié voormalige konstabel het sy vrou, mev. Ingenesia Saul (37), op 7 September 2015 wreed met 'n byl in die Epako-woonbuurt op Gobabis doodgekap.
Saul en die oorledene het baklei nadat hy 'n romantiese SMS op haar selfoon gevind het.
Dit het hom laat vermoed sy was in 'n verhouding met 'n ander man betrokke.
Saul het op 8 Februarie vanjaar skuldig gepleit op 'n klag van moord teen hom en is skuldig bevind.
Regter Usiku het in haar uitspraak genoem die hof moet verseker dat geregtigheid geskied en die publiek beskerm.
Die oorledene se moeder, mev. Garises, het gedurende betoë voor die hof vir verswarende omstandighede vir die vonnisoplegging getuig dat haar dogter en Saul vier kinders het en dat hulle dikwels gestry het.
Sy het Ingenesia egter aangeraai om vas te byt omdat sy 'n vrou is.
“Ons howe moet té dikwels konflik wat binne gesinsverhoudinge ontstaan en met geweld opgelos word, hanteer,” het Usiku gesê.
Sy het verder gesê: “Dit is hoog tyd dat 'n duidelike boodskap aan diegene wat hulself aan soortgelyke misdade skuldig maak, uitgestuur word dat howe hulle sal hanteer om die regte van slagoffers te beskerm.”
Usiku het ook in haar uitspraak gesê die erns van die saak spreek vanself en dat die beskuldigde, wat as polisieoffisier 'n plig gehad het om misdaad te beveg, “hierdie edele plig versaak het”.
“Ons howe sal nie 'n Namibië duld waar die polisie die wet kan verbreek en ongestraf bly nie,” het sy voorts gesê.
Saul is deur mnr. Titus Ipumbu verteenwoordig en staatsadvokaat Marthino Olivier het namens die staat opgetree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie